Park Village Auctions (PVA) bied 'n droom-gesinswoning in die hartjie van Bryanston in Sandton aan op 'n veiling wat op 5 September plaasvind.
Clive Lazarus, PVA se direkteur, beskryf die woning as totaal weelderig .

"Nie net is dit 'n baie mooi huis wat alles bied wat 'n gesin kan begeer nie, dit is ook 'n uiters gesogte adres," sê Lazarus.
Huis nr. 2 van die eksklusiewe 100 Cottesmore Private Estate by Cottesmoreweg 18, Bryanston, is 'n groot dubbelverdieping-gesinswoning van 1 001 m².
'n Dubbelvolume-ingang op die grondvloer lei jou na 'n deftige ingangsportaal en ontvangsgedeelte wat jou weer lei na 'n gastebadkamer, 'n formele sitkamer, oopplan-TV-sitkamer met 'n aanliggende onderdakpatio, 'n eetkamer, kombuis met 'n opwaskombuis en twee stoorkamers.
Die boonste vlak bied vier en suite-slaapkamers met lugreëling en 'n tweede TV-sitkamer met 'n balkon wat oor die tuin en swembad uitkyk.
Dan is daar ook drie motorhuise met blyplek vir personeel bo-op. Die blyplek bestaan uit 'n kombuisie, 'n slaapkamer en 'n badkamer.
"Van sierlike smee-yster-balustrade tot marmerteëls en granietwerkoppervlakke is elke stukkie afronding sorgvuldig beplan. Die huis se elegansie pas perfek in by die glansrykheid van 100 Cottesmore se ontwerp."
Inwoners van die landgoed geniet maklike toegang tot verskeie wêreldklasgeriewe soos die Bryanston-buiteklub, The River Club-gholfbaan, Hobart's-sentrum, St. Stithians College, Mediclinic Sandton-hospitaal, Tiger's Milk Bryanston, die Bryanston-mark, Monte Casino en Sandton City, om maar net 'n paar te noem. Die nabygeleë William Nicol-rylaan gee toegang tot Sentraal-Sandton en die N1-hoofweg.
Lazarus moedig belangstellende kopers aan om 'n afspraak te maak om die eiendom voor die veiling om 11:00 op Dinsdag 5 September te besigtig.
- Vir meer inligting, besoek die webwerf parkvillageauctions.co.za met die verwysingsnommer 1319. Besigtiging kan gereël word deur 011 789 4375 te skakel of stuur e-pos na auctions@parkvillage.co.za.


















