Home & Hectare gaan in Julie die plaas Rietfontein in Graafwater op veiling verkoop.
Die 804 ha-plaas het 800 000 m³ geregistreerde waterbronne, asook sewe boorgate waarvan twee in gebruik is.
Daar is nege toegeruste besproeiingsirkels, waarvan twee onder lusern is.
Die plaas het ongeveer 400 ha weiveld en stroke vir die aanplant van rooibostee. Daar is ook skaap- en beeskrale.
Wat infrastruktuur betref, is daar 'n groot stoor en 'n ruim vierslaapkamerwoonhuis.
Daar is ook 'n aparte woonhuis wat tans opgeknap word.
Besigtig: Slegs per afspraak.
Veiling: 10 Julie om 11:00
Plek: Op die perseel by Rietfontein.
Navrae:
- Albie Loubser by 082 573 9902 of albie.loubser@homeandhectare.com
- Appie Maritz by 082 825 3895 of appie.maritz@homeandhectare.com
Besoek ook homeandhectare.com vir meer inligting en foto's.





















