Woning bied baie potensiaal

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

'n Lieflike vyfslaapkamerhuis in Meyerspark, Pretoria, met 'n groot erf is te koop.

Die erf beslaan 1 586 m² en die huis ongeveer 257 m².

Die vooraansig van die woning.
Die vooraansig van die woning.

Benewens die vyf slaapkamers, is die eet- en die sitkamer oopplan. Daar is ook 'n kaggel in die sitkamer. Drie van die slaapkamers front noord en twee oos. Die was- en-strykkamer is aan die suidekant van die huis geleë.

Daar is twee toegangshekke tot die erf en twee addisionele slaapkamers wat in 'n woonstel omgeskep kan word. Die woonstel bied sy eie ingang met 'n afdak.

'n Enkelmotorhuis met 'n werkdeel en huiswerkerkamer kan teen minimum koste in 'n woonstel omgeskep word.

Die woning benodig 'n bietjie aandag wat groot potensiaal beloof. Meyerspark is 'n gevestigde area wat puik geleë is met maklike toegang tot snelweë en verskeie skole.

Kortliks:

Area: Meyerspark, Pretoria

Prys: R1 795 000

Erfgrootte: 1 586 m²

Huisgrootte: ongeveer 257 m²

Slaapkamers: 5

Badkamers: 2

Motorhuis: 1

Agent: Rawson

Bel Roelof Weideman by roelof.weideman@rawson.co.za of 082 856 9970 of Ruben Zwanepoel by ruben.zwanepoel@rawson.co.za of 076 984 1844.

  • Vir meer inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 1235970.

SPELETJIES VANDAG

CTA