Eiendomme

Woonstel vir lang verblyf onder hamer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Luukse, gedienste en onderver­deel­bare tweeslaapkamer-, tweebadkamerwoonstel in The Nicol, Bedfordview, gaan binnekort opgeveil word.Foto: PVA
’n Luukse, gedienste en onderver­deel­bare tweeslaapkamer-, tweebadkamerwoonstel in The Nicol, Bedfordview, gaan binnekort opgeveil word.Foto: PVA

'n Onderverdeelde deeltiteleenheid in Bedfordview se eksklusiewe The Nicol Hotel bied 'n uitstekende geleentheid vir korporatiewe maatskappye met langverblyfvereistes, volgens Clive Lazarus, van Park Village Auctions.

Nr. 44 The Nicol Hotel en konferensiesentrum geleë by Nicolweg 41A, Bedfordview, is in twee eenhede onderverdeel met deurnommers 207 en 208. Nommer 207 bestaan uit 'n enkelslaapkamer en 'n en-suite badkamer en nommer 208 bied 'n oopplankombuis en -sitkamer, een slaapkamer, een badkamer en 'n klein balkon.

'n Tussendeur bied die geleentheid om die eenhede te gebruik as 'n tweeslaap­kamerwoonstel met twee badkamers. Die gekombineerde grootte is 102 m². Die deurnommers het elk 'n toegekende parkeerplek in die kelder. Die woonstel bied moderne toerusting en afwerking soos oppervlakke van Caesarstone, 'n oond onder 'n toonbank, 'n kookplaat van glas met 'n uitsuigwaaier, gemonteerde kaste in die badkamers, WiFi en sentrale lug­reëling. "By die luukse binneversiering en elegante meubels, word die woonstelle ten volle gediens, insluitende wasgoed en 'n portierdiens. Voeg daarby geriewe soos 'n swembad, gim, a la carte-restaurant op die perseel en sakedienste soos druk- en kopieerfasiliteite, werkstasies, koordlose telefone, elektroniese kluise, vergader­lokale, 'n bagasiestoor, en veselinternetkonnektiwiteit op die perseel maak die Nicol 'n hawe vir sakeleiers."

Nóg 'n pluspunt vir die Nicol is dat dit 15 km van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe geleë is en daar is ook maklike toegang tot die N1 hoofweg en Sandton-sentraal. Nabye geriewe sluit in die Bedford-sentrum, Virgin Active Bedfordview, die Royal Johannesburg-buiteklub en die Modderfontein-natuurreservaat.

Lazarus sê The Nicol verteenwoordig 'n gunstige beleggingsgeleentheid vir korporatiewe personeel wat langtermynverblyf benodig, byvoorbeeld kundiges wat op projekte of kontrakte vir langer as drie maande werk en waar huur- of gewone hotelverblyf nie 'n opsie is nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM