Die Reserwebank het Donderdag die rentekoers met 25basispunte verlaag - en dit lyk uit die bank se projeksiemodel dat dit dalk dielaaste rentekoersverlaging vir 'n baie lang tyd is.
Dis die vierde verlaging sedert September en bring dieReserwebank se repokoers op 7,25% te staan, en die prima rentekoers van bankeop 10,75%.
Daar was vooraf meningsverskille onder ekonome of dieReserwebank in die lig van pres. Donald Trump se dreigende hoë invoertariewedie rentekoers sou verlaag.
Vyf uit die ses lede van die monetêrebeleidskomitee was tengunste van die verlaging van 25 basispunte en die sesde lid wou die koers met50 basispunte verlaag.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het diebank se verwagting vir ekonomiese groei vir vanjaar tot 1,2% verlaag (van 1,7%in Maart).
Kganyago sê die Reserwebank en tesourie oorweeg om dieteiken vir inflasie tot 3% te verlaag. Die proses om die nuwe inflasieteiken tebepaal, is byna voltooi en die aankondiging word eersdaags verwag.
Kganyago is in vraetyd gepeper oor die hersieneinflasieteiken. Hy sê dit word nou al jare lank gereken die teikenband van 3%tot 6% is te wyd.
Oor wanneer 'n laer teiken ingestel word, het hy net herhaaldie laer teiken is nog nie aanvaar nie en die tegniese werk is in 'n"gevorderde stadium".
Vooruitsigte vir groei en inflasie
Kganyago sê hoër invoertariewe na die VSA en die onsekerheidwat nog daaroor heers, gaan waarskynlik die wêreldekonomie knou.
Vooruitsigte vir wêreldwye inflasie is "meer kompleks". Indie VSA sal inflasie waarskynlik styg en probleme met voorsieningskettings kanpryse ook in ander lande opdruk. Aan die ander kant sal traer ekonomiese groei,goedkoper olie en 'n ooraanbod van produksie in lande soos China inflasie laerdruk.
In Suid-Afrika is die Reserwebank bekommerd oor die eersteaanduidings dat die ekonomie in die eerste kwartaal gesukkel het, met syfersoor mynbou en vervaardiging wat teleurstellend was en werkloosheid wat in dieeerste kwartaal toegeneem het.
Dis waarom die verwagting vir ekonomiese groei tot 1,2%verminder is. Dis minder as die 1,4% wat die tesourie net verlede week voorspelhet.
Inflasie kan laag bly danksy goedkoper brandstof en dierelatief stabiele rand. Die Reserwebank het in ag geneem dat diebrandstofheffing in Junie met 16c per liter petrol en 15c per liter dieselstyg, maar ook dat belasting op toegevoegde waarde nié verhoog word nie, soosin Maart nog gedink is.
As die Reserwebank se ergste scenario, soos ashandelspanning aanhou styg, die wêreldekonomie traer groei en die rand verswak,waar word, is daar 'n risiko van stagflasie in Suid-Afrika (swak of negatiewegroei tesame met hoër inflasie). In dié scenario sal die rentekoers weerverhoog moet word.
Op langer termyn, as die inflasieteiken verlaag word,behoort die rentekoers mettertyd te daal, met nog tot 1,25 persentasiepunte,tot 6%.
- hanlie.stadler@24.com
Die berig is ná publikasie bygewerk met meer inligting uit die Reserwebank se verklaring en mediakonferensie.





















