Energie

Petrolprys: November bring straks 1ste styging in maande

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
The hike in petrol and diesel prices has ripped the pockets of many South Africans.
The hike in petrol and diesel prices has ripped the pockets of many South Africans.

Motoriste gaan waarskynlik in November die eerste keer in vyf maande meer vir petrol betaal en die eerste keer in ses maande meer vir diesel.

Die styging lyk darem nie te kwaai nie - iets tussen 12c en 25c per liter op verskillende soorte brandstof.

Dis die onderverhalings soos teen Vrydag, dus met hoeveel brandstof duurder sou moes word indien dit vandag moes verander. Nog sowat twee weke bly oor voordat die oorsigmaand vir November se brandstofpryse op 31 Oktober ten einde loop, wat beteken dit kan nog heelwat verander.

Die pryse verander op die eerste Woensdag van die maand, dus op 6 November.

Die onderverhaling weerspieël internasionale brandstofpryse sowel as die rand-dollar-wisselkoers. Brandstofpryse het verlede week gestyg nadat die Hamas-leier Jahja Sinwar met behulp van 'n onbemande tuig deur die Israeliese weermag vermoor is.

Die rand keer in dié stadium dat brandstofpryse nóg 12c per liter duurder word.

95-oktaan word nou reeds van Junie af goedkoper, al met 'n stewige R4,44 per liter. Diesel se groothandelsprys daal nou al van Mei af, altesame met R4 per liter.

Dit bring die prys van 95-oktaan in Gauteng op R21,05 per liter te staan en aan die kus op R20,26.

Die groothandelprys van diesel is onderskeidelik R18,45 en R17,66 per liter. Diesel se vulstasieprys word nie gereguleer nie.

Die volledige onderverhalings tans, wat daagliks aangepas word, is:

• 95-oktaan-petrol: 25c per liter;

• 93-oktaan-petrol: 13c per liter;

• diesel met 0,05% swael: 19c per liter;

• diesel met 0,005% swael: 17c per liter; en

• paraffien: 12c per liter.

Hanlie Nordejee

Hanlie Nordejee

Hanlie is a business journalist based in Cape Town covering macro-economics.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM