Aftrede

Hoeveel jy vir aftrede benodig

Covid-19 het mense se finansies deurmekaargekrap en talle moes uit nood van hul aftreespaargeld gebruik om te oorleef.

Sit nou al geld weg vir jou aftrede en sien hoe jy later die vrugte pluk. Foto: ISTOCK
Sit nou al geld weg vir jou aftrede en sien hoe jy later die vrugte pluk. Foto: ISTOCK

Die regering werk aan wetswysigings om dit moontlik te maak om in geval van nood geld uit 'n pensioenfonds te onttrek.

Schalk Louw, portefeuljebestuurder van PSG Wealth, bekyk weer die vraag hoeveel mens regtig benodig om steeds gemaklik af te tree.

Kundiges meen jy sal voorsiening moet maak vir 80% van jou huidige uitgawes as maatstaf vir wat jy nodig het as jy eers aftree. As jy tans R15 000 per maand verdien, beteken dit jy sal minstens R12 000 per maand ná aftrede benodig.

Louw gebruik 5% as 'n billike onttrekkingskoers. Dit is die bedrag wat jy jaarliks uit jou aftreeportefeulje kan onttrek om mee te leef. Toegepas op die voorbeeld van R12 000 beteken dit dan R12 000 x 12 = R144 000 gedeel deur 0,05, gee dan R2,88 miljoen wat jy sal benodig om dié inkomste te kan oplewer.

Die 5% is op grond van 'n historiese beleggingsopbrengs van 8% beter as inflasie.

As die 5% per jaar dus onttrek word, is daar nog beleggingsgroei van 5% tot 6% per jaar oor om vir inflasie te vergoed, volgens Louw.

As jy nou 40 is en oor 25 jaar wil aftree, moet jy inflasie van sowat 6% inreken. So, die R2,88 miljoen sal oor 25 jaar sowat R12,36 miljoen wees.

Al is dit 'n skokkende syfer, is jy een stap voor deurdat jy nou al kan begin werk aan 'n plan om dié teiken te bereik.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM