Beleggings

KYK: Groot Vyf-munte nou ’n volledige stel

Die goud-buffel-munt van een ons van die SA Munt se Groot Vyf-reeks. Foto: Verskaf
Die goud-buffel-munt van een ons van die SA Munt se Groot Vyf-reeks. Foto: Verskaf

Die reeks Groot Vyf-munte in silwer en goud van die Suid-Afrikaanse Munt is nou volledig met die bekendstelling van 'n munt met 'n buffel op.

Die projek, wat in 2019 van stapel gestuur is, het elke ses maande 'n nuwe munt uit die Groot Vyf bekendgestel.

'n Olifant, luiperd, leeu en renoster is reeds voorheen uitgereik.

Nes die ander munte in die reeks, is die buffel-munt ook spesiaal ontwerp om saam met ander munte bekyk te word.

Op die agterkant van die munt word twee helftes van die buffel se gesig langs mekaar uitgebeeld. Wanneer twee of meer munte langs mekaar neergesit word, begin dit dus 'n hele trop skep wat langs mekaar staan.

Die ontwerp skep 'n trop buffels wanneer verskeie munte langs mekaar geplaas word. Foto: Verskaf
Die ontwerp skep 'n trop buffels wanneer verskeie munte langs mekaar geplaas word. Foto: Verskaf

Die munt is beskikbaar in silwer, goud en platinum.

Saam met die aankoop van enige van die goud- of silwermunte sal jy ook 'n spesiale Krugerrand van een fynons van dieselfde metaal ontvang.

William Horne

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM