Beroepe

Só lyk verhogings in klein- en groothandel

Die departement van arbeid het pas die nuwe verhogings vir die groot- en kleinhandel aangekondig.

Personeelkoste is van die groot uitgawes van winkelgroepe soos Shoprite. Sy resultate vir die boekjaar word volgende week uitgereik.
Personeelkoste is van die groot uitgawes van winkelgroepe soos Shoprite. Sy resultate vir die boekjaar word volgende week uitgereik.

Mense wat in dié sektor werk, moet terugwerkend tot 2 Augustus verhogings van 4,53% kry, wat in pas is met die inflasiekoers die afgelope jaar.

Die handelsektor is een van die sektore waarin 'n sektorale vasstelling van lone jaarliks gedoen word.

Die lone is wel nou gekompliseer deur die inwerkingstelling van die nasionale minimum loon in Januarie vanjaar.

Luidens die verklaring deur Thulas Nxesi, minister van werkskepping en arbeid, is die verhogings slegs van toepassing op mense wat méér as die minimum loon van R20 per uur verdien. Mense wat minder verdien het, het in Januarie verhogings gekry toe hul lone in pas gebring is met die minimum loon.

Die verhogings geld werkers in alle areas (metropolitaanse gebiede sowel as dorpe en plattelandse streke).

Dit is onder meer van toepassing op kassiers, drywers, klerke, verkoopsassistente, opsigters, assistentbestuurders en bestuurders in die handelsektor.

Die verhogings word bereken op grond van die minimum lone vir die sektor. Dis in die Staatskoerant uiteengesit.

Hanlie Stadler

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM