* Die artikel word geborg deur Huawei.

Die enigste sekerheid in ons veranderende wêreld, is dat die wêreld gaan aanhou verander. Dit hou verreikende gevolge in vir werk en die werkplek
Dié artikel is geborg deur Huawei Mate 10 Pro.
Die taakekonomie is besig om die wêreld oor te neem en talle mense begryp nog nie die impak hiervan nie.
Dit verwys na 'n arbeidsmark gegrond op vryskutwerk en fleksie-ure op grond van vraag eerder as die tradisionele 9-tot-5-werkdag.
Daarmee kry werkers nie 'n gewone salaris nie, maar word betaal per taak wat hulle afhandel, soos byvoorbeeld as iets of iemand vervoer is.
Sulke werkers bied hul dienste aan op webblaaie of toepassings.
In Brittanje behoort 15,6% van die arbeidsmag reeds tot die taak-ekonomie. In Amerika is dit reeds 34% en sal na verwagting groei tot 43% teen 2020.
Digitale revolusie
Die taakekonomie word aangevuur deur onder meer die digitale revolusie wat werkers meer mobiel maak - talle take kan van enige plek af verrig word.
So kan vryskutwerkers kies en keur uit take van oor die wêreld heen en werkgewers kan die beste persoon vir 'n bepaalde taak uitsoek.
Sommige meen die taakekonomie bemagtig entrepreneurs, terwyl ander aanvoer dit skep net nog geleentheid om werkers uit te buit. In die meeste lande beskerm arbeidswetgewing net permanente werkers teen onder meer onregmatige afdanking en dwing dit byvoorbeeld minimum lone en die reg op verlof af.
Sinergie tussen harde- en sagteware raak toenemend belangrik namate mobiliteit 'n al hoe groter rol speel in werkgeleenthede.
Die ekonoom John Maynard Keynes het in 1930 voorspel tegnologie en verhoogde produktiwiteit sal meebring dat mense eindelik net 15 uur per week werk.
Ten spyte van enorme tegnologiese vooruitgang voel dit egter asof meeste mense deesdae 15 uur per dag werk.
Ons is midde-in nog 'n revolusie en dié keer is dit digitaal. En ons weet steeds nie hoe die tegnologiese veranderinge ons omstandighede en werkgeleenthede gaan raak nie, en of robotte danksy kunsmatige intelligensie eendag mense sal vervang nie.
Prof. Brian Armstrong, hoof van die Wits-universiteit se digitale-besigheid-departement, het by 'n Huawei-paneelgesprek oor die toekoms van werk gesê die wêreld weet nie hoe tegnologie dinge gaan verander nie, maar ons weet dit gaan verander.
Armstrong meen mense is aanpasbaar en dat ons by industriële en tegnologiese vooruitgang aanpas deur te leer hoe om dit te gebruik. Die tempo waarteen tegnologie ons wêreld verander, is egter nou vinniger as waarby ons kan aanpas.
"Mense het 'n behoefte om sinvolle werk te doen en daarom moet ons 'n invloed uitoefen op die rigting en spoed van dié veranderinge sodat ons daarby kan aanpas."
Die digitale revolusie
Nywerhede wat by nuwe tegnologie gebaat het, het 'n enorme toename in produktiwiteit getoon. So het opbrengste van landbou tussen 1993 en 2004 met 46% gestyg - alles danksy groot vernuwings in tegnologie rondom boerdery.
Die reuse-vooruitgang in produktiwiteit bring egter nie korter werkure mee nie. Dit is deels aan politieke en deels aan ekonomiese omstandighede te danke.
Eerder as om werkure te verminder, het 'n toename in produktiwiteit druk gebring vir selfs 'n groter verbetering in produktiwiteit. Op 'n ekonomiese vlak het groter produktiwiteit ondernemings se winsgewendheid opgejaag, maar nie juis 'n wesenlike verskil aan die salarisrekening gemaak nie.
Behalwe aan die inkomste van topbestuurders.
Volgens die Economic Policy Institute het hoofbestuurders se salarisse sedert 1978 met 937% gegroei vergeleke met 'n skamele 10,2% groei in die gemiddeld van alle salarisse. Dit is dus net die hoogste vlak bestuurders wat werklik baat vind by hoër produktiwiteit.
Kunsmatige intelligensie
Die ontwikkeling van outomatisering, soos moontlik gemaak deur robottegnologie en kunsmatige intelligensie, bring verdere moontlikhede wat betref verhoogde produktiwiteit, veiligheid en gerief.
Dit opper egter ook moeilike vrae wat betref die groter invloed van outomatisering op werkgeleenthede, vaardigheid, salarisse en die aard van werk.
Talle take waarmee werkers hulle vandag besig hou, kan geoutomatiseer word.
Terselfdertyd verander professionele sosiale netwerke soos
LinkedIn en Monster die manier waarop individue werk soek én hoe ondernemings werkers vind.
Al hoe meer onafhanklike werkers bied ook hul dienste aan op digitale platforms en dit daag die tradisionele idees uit oor hoe en waar werk gekry en gedoen word.
Berei jou só voor vir 'n nuwe wêreld
Armstrong het raad vir mense in die arbeidsmark oor hoe om hulle op die onbekende toekoms voor te berei. Hy kan nie klinkklare oplossings vir onsekerheid bied nie, maar sê mens moet die volgende in gedagte hou:
- Wees versigtig vir voorspellings. Tegnologiese en sosiale verandering gebeur met rukke en stote. Talle van die voorspellings wat ons nou lees sal waar word én baie sal nie. Talle sal ook veel langer vat of baie vinniger tref as wat ons verwag. Beplan vir die toekoms, maar lééf in die hede.
- Leer om te leer. In tye van verandering is ons vermoë om aan te hou leer en aan te pas selfs belangriker as dit wat ons op 'n gegewe tyd leer.
Ons vroeëre opleiding het gefokus op die oordrag van spesifieke kennis. Vandag is dit belangriker om te weet hoe om aan te hou leer.
- 'n Mens se kernvermoë sal altyd belangrik wees. Dekades lank al word "outydse eienskappe" soos die vermoë om in 'n span te werk, doeltreffende kommunikasie, ondernemingsgees, deursettingsvermoë, aanpasbaarheid, harde werk en kreatiwiteit beskou as noodsaaklik om sukses te behaal by die werk. Dié eienskappe vorm steeds die kern van professionele sukses.
- Vaardighede maak egter ook steeds saak. Die belangrikste vaardighede is die sogenaamde STEM-groep (oftewel science, technology, engineering, maths). Dit is moeilike vakke en sommige mense vind dit vervelig, maar dit is in die sentrum van velde waar werkgeleenthede groei, sê Armstrong. Mense wat dit bemeester, sal nooit sonder werk sit nie.
- Maak tegnologie jou vriend - sorg dat jy dit deeglik verstaan en kan gebruik.
- Doen werk wat vir jou betekenis het. Dit wat vir een persoon betekenis inhou, geld nie noodwendig die volgende persoon nie. Navorsing het al meermale getoon mense het 'n behoefte om sinvolle werk te doen.
- Hou tendense en navorsing dop. Werkgeleenthede wat ingevolge die jongste navorsing die moeilikste deur masjiene opgeslurp kan word, het drie eienskappe:
Dit verg goeie sosiale- of verhoudingsvaardighede, kreatiewe intelligensie en ongestruktureerde aanpasbaarheid.
- Behou jou menslikheid. Watter werk mense ook al doen, mense bly mense met emosies. Die klante wat deur ondernemings bedien word, is meer geneig om besluite te neem op grond van hoe hulle voel as op grond van dit wat hulle weet. Sosiale vaardighede is dus steeds baie belangrik.
- Bly deel van die gesprek. Die digitale revolusie bring uitdagings én geleenthede wat betref etiek, regulering, wetgewing, sosiale beleid, die ekonomie en politiek. Bly op die hoogte van gebeure, moenie 'n passasier of 'n slagoffer van jou omgewing wees nie. Lug jou mening.
Wat is die taakekonomie?
Die taakekonomie (gig economy) is besig om die wêreld oor te neem en talle mense begryp nog nie die impak hiervan nie.
Dit verwys na 'n arbeidsmark gegrond op vryskutwerk en fleksie-ure op grond van vraag eerder as die tradisionele 9-tot-5-werkdag.
Daarmee kry werkers nie 'n gewone salaris nie, maar word betaal per taak wat hulle afhandel, soos byvoorbeeld as iets of iemand vervoer is.
Sulke werkers bied hul dienste aan op webblaaie of toepassings.
In Brittanje behoort 15,6% van die arbeidsmag reeds tot die taak-ekonomie. In Amerika is dit reeds 34% en sal na verwagting groei tot 43% teen 2020.
Die taakekonomie word aangevuur deur onder meer die digitale revolusie wat werkers meer mobiel maak - talle take kan van enige plek af verrig word.
So kan vryskutwerkers kies en keur uit take van oor die wêreld heen en werkgewers kan die beste persoon vir 'n bepaalde taak uitsoek.
Sommige meen die taakekonomie bemagtig entrepreneurs, terwyl ander aanvoer dit skep net nog geleentheid om werkers uit te buit. In die meeste lande beskerm arbeidswetgewing net permanente werkers teen onder meer onregmatige afdanking en dwing dit byvoorbeeld minimum lone en die reg op verlof af.
- BusinessTech
pboxtextreporter[author2]Die taakekonomie (gig economy) is besig om die wêreld oor te neem en talle mense begryp nog nie die impak hiervan nie.Dit verwys na 'n arbeidsmark gegrond op vryskutwerk en fleksie-ure op grond van vraag eerder as die tradisionele 9-tot-5-werkdag.Daarmee kry werkers nie 'n gewone salaris nie, maar word betaal per taak wat hulle afhandel, soos byvoorbeeld as iets of iemand vervoer is.Sulke werkers bied hul dienste aan op webblaaie of toepassings.In Brittanje behoort 15,6% van die arbeidsmag reeds tot die taak-ekonomie. In Amerika is dit reeds 34% en sal na verwagting groei tot 43% teen 2020.Die taakekonomie word aangevuur deur onder meer die digitale revolusie wat werkers meer mobiel maak - talle take kan van enige plek af verrig word.So kan vryskutwerkers kies en keur uit take van oor die wêreld heen en werkgewers kan die beste persoon vir 'n bepaalde taak uitsoek.Sommige meen die taakekonomie bemagtig entrepreneurs, terwyl ander aanvoer dit skep net nog geleentheid om werkers uit te buit. In die meeste lande beskerm arbeidswetgewing net permanente werkers teen onder meer onregmatige afdanking en dwing dit byvoorbeeld minimum lone en die reg op verlof af.
- BusinessTech
Wen 'n slimfoon!
Die regte toerusting maak die wêreld se verskil in mense se werkervaring.
Die Huawei Kirin 970 Chipset verander die wêreld van werk. Dit word aangedryf deur 'n NPU (neutral processing unit) wat toegerus is met kunsmatige intelligensie en in kombinasie met Huawei se nuwe EMUI 8.0 word produktiwiteit tot die maksimum verhoog.
Die Mate 10 Pro is die reisende werker se vriend omdat jy slegs 'n kabel nodig het om jou slimfoon in 'n rekenaar te omskep.
Die Mate 10 Pro het ook 'n baie sterk battery, die aanwending waarvan met masjienleer (ML - machine learning) verbeter word sodat jou slimfoon homself aanpas om jou batterylewe te verleng. Dit stel vas wat jy hoe en wanneer gebruik.
Wen een van dié ongelooflike slimfone deur twee maklike vrae oor die Mate 10 Pro te beantwoord. Kry die antwoorde op die web of in ons vorige tegnologiestories in dié reeks.
1. Watter kameralens word in die Mate 10 Pro gebruik?
2. Van watter soort glas word die Mate 10 Pro se skerm gemaak?
- SMS jou antwoord na 34681 en begin met die sleutelwoord Huawei. Elke SMS kos R1,50.

















