Beroepe

WVF se Ters-stelsel Saterdag van lyn af

Betaal met kaarte of met jou foon eerder as met kontant. Jy kan nie lojaliteitspunte met kontant verdien nie! Foto: Pixabay
Betaal met kaarte of met jou foon eerder as met kontant. Jy kan nie lojaliteitspunte met kontant verdien nie! Foto: Pixabay

Onder meer die Covid-19-Ters-skema sal nie Saterdag beskikbaar wees vir aansoeke of uitbetalings nie omdat die departement van arbeid en indiensneming sy internetbedieners opgradeer.

Die departement het Donderdag in 'n verklaring gesê sy hele stelsel sal Saterdag vier uur lank van lyn af wees sodat die staat se inligtingstegnologieagentskap (Sita) noodopgraderings kan doen aan die departement se internetbedieners.

Dit sal dus ook alle dienste van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) raak.

Die dienste wat geraak word, sluit in:

  • Enige toegang tot die departement via die internet, ook via sy internetkiosks;
  • Alle WVF-dienste soos die Covid-19-Ters-skema;
  • Die departement se virtuele private netwerk (VPN);
  • Eksterne e-posaflewering; en
  • Verbindings met banke vir betalings.

Die stelsels sal Saterdag van 15:00 tot 19:00 af wees.

Daarna sal dienste weer soos normaal beskikbaar wees.

William Horne

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM