Landbou

Bek-en-klouseer onder beheer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Suid-Afrika het "prysenswaardige" vordering gemaak om die uitbreking van bek-en-klouseer sedert 2021 in bedwang te bring en af te sluit, volgens die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Tans het slegs KwaZulu-Natal en die Vrystaat gebiede met onopgeloste uitbrekings in vorige bek-en-klouseer-vrye sones, luidens 'n verklaring van die departement.

Die hoewe van vee wat met bek-en-klouseer besmet is, het seerplekke op.
Die hoewe van vee wat met bek-en-klouseer besmet is, het seerplekke op.

Ander uitbrekings in die vorige bek-en-klouseer-vrye sones is opgelos en afgesluit saam met die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (WOAH).

Geen gevalle van bek-en-klouseer is in die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Wes-Kaap aangemeld nie, wat beteken dié provinsies het sonder inentings bek-en-klouseer-vry gebly.

Die laaste uitbrekings in die vorige bek-en-klouseer-vrye sones in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes was in November 2022, meer as 'n jaar gelede.

Die uitbrekings op die geaffekteerde persele in dié provinsies is opgelos en afgesluit saam met die WOAH.

Daar is sommige plase en gebiede in KwaZulu-Natal en die Vrystaat wat onder kwarantyn geplaas is weens bek-en-klouseer, en diere mag nie uit dié gebiede geskuif word nie.

Sommige distrikte in dié provinsies is nie geraak nie en kan ook as bek-en-klouseer-vrye gebiede beskou word.

Daar is geen algehele verbod op die uitvoer van diere met gesplete hoewe of diereprodukte van gebiede in Suid-Afrika wat nie onder beperking is weens bek-en-klouseer nie.

Daar moet egter voldoen word aan die vereistes van die invoerland en dit mag sommige van dié gebiede uitsluit.

Kliënte word daaraan herinner om altyd die vereiste veeartseny-sertifikaat te verkry voordat besendings vir uitvoer voorberei word.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM