Landbou

Dié suiwelboere is bobaas

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is dr. Andrew Magadlela (LNR se uitvoerende groephoof van veekunde), Pieter Steenkamp (Nasionale Mediumskaal-meestersuiwelboer van die Jaar), dr. Litha Magingxa (president en uitvoerende hoof van die LNR) met die Nasionale Kleinskaal-meeste
Van links is dr. Andrew Magadlela (LNR se uitvoerende groephoof van veekunde), Pieter Steenkamp (Nasionale Mediumskaal-meestersuiwelboer van die Jaar), dr. Litha Magingxa (president en uitvoerende hoof van die LNR) met die Nasionale Kleinskaal-meeste

Drie Wes-Kaapse boere pronk vanjaar as van die groot wenners van die jaarlikse Nasionale Meestersuiwelboer-pryse.

Die wenners van hierdie kompetisie, aangebied deur die Landbounavorsingsraad (LNR), is Woensdag 13 November tydens 'n geleentheid by Lanzerac in Stellenbosch bekend gemaak. Jaarliks ontvang die land se top-suiwelboere erkenning met wenners wat in verskeie kategorieë aangewys word.

Barry Schiever van Foundation Farm in KwaZulu-Natal is as Grootskaal-meestersuiwelboer van die Jaar aangewys.

Foundation Farm is in 1990 in Weenen met 20 geregistreerde koeie begin en vandag melk hulle sowat 2 000 koeie. Die twee melkerye op die plaas verskaf melk aan onder meer Nestlé, Douglasdale en Dairyland.

Vanjaar het Wes-Kaapse suiwelboere koning gekraai in drie van die vyf kategorieë: die Mediumskaal-meestersuiwelboer van die Jaar kom van Heidelberg, die kudde met die beste somatiese seltelling kom van Swellendam en die kudde met die beste tussenkalf­periode kom van Plettenbergbaai.

Die prysgeleentheid is deur Agri-Expo, namens die Nasionale Melkaantekening-en-verbeteringskema van die LNR, aangebied.

Vanjaar se wenners

Hier is al die wenners van die 2024 Nasio­nale Meestersuiwelboer-pryse:

  • Grootskaal-meestersuiwelboer van die Jaar: Foundation Farm (Barry en Jane­ Schiever), Weenen, KZN;
  • Mediumskaal-meestersuiwelboer van die Jaar: Tweekop Boerdery (Pieter Steenkamp en Dirk van Papendorp), Heidelberg, Wes-Kaap;
  • Kleinskaal-meestersuiwelboer van die Jaar: Gugulomuzi Ngcobo, Donnybrook, KZN;
  • Nasionale kudde met die beste somatiese seltelling: E (Etienne)Zeeman, Swellendam, Wes-Kaap, met 157 000 selle/ml;
  • Nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode: Packwood Farm (Heinrich Hurter), Plettenbergbaai, Wes-Kaap, met 'n tussenkalfperiode van slegs 391 dae.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM