Landbou

Hier is vanjaar se finaliste

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Met die Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar wat oor minder as twee weke aangekondig word, is die vier finaliste van 2024 die afgelope week aangekondig.

Hierdie kompetisie bied jaarliks 'n blik op die passie en toewyding van jong landbouprodusente in die Wes-Kaap en dien as herinnering dat die toekoms van landbou helder skyn, luidens Agri Wes-Kaap.

"Met elke kandidaat wat 'n unieke verhaal en vaardighede het, is die kompetisie 'n viering van diversiteit en innovasie. Elke deelnemer het met hul voorlegging aan die span van beoordelaars hul bestuursfilosofie, landbouvertakkings en tegniese vaardighede uiteengesit," sê Agri Wes-Kaap in 'n verklaring.

Elkeen van die deelnemers het onlangs 'n voorlegging oor hul boerdery-aktiwiteite voor 'n provinsiale paneel van beoordelaars gedoen. Daarna is plaasbesoeke aan die boere afgelê.

Vir die beoordeling was die belangrikste maatstawwe die bestuursfilosofie van die produsent sowel as die tegniese vaardigheid waarmee daardie filosofie in die praktyk toegepas word.

Die wenner van die Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar 2024 word op 12 Junie 2024 tydens 'n geleentheid in die Paarl aangekondig. Dié jongboer sal dien as die verteenwoordiger van jong boere in die Wes-Kaap op nasionale vlak en waar die nasionale Jongboer van Jaar later die jaar aangekondig word.

Ontmoet vanjaar se finaliste

Jerid-Lee Waries
Jerid-Lee Waries

Jerid-Lee Waries (32) boer met tafeldruiwe op die Broodkraal-landgoed net buite Piketberg.

Waries glo dat landbou binne-in jou geweef is en daar is 'n toekoms vir landbou in ons land, maar meer as dit wil hy 'n ambassadeur wees vir jong boere in ons land.

Jurgens Botha
Jurgens Botha

Jurgens Botha (39) het familiegrond in die Geelhoutboom-omgewing by George herontwikkel en boer met melkbeeste en 10% groente (broccoli en blomkool).

Botha glo dat jy altyd in jou visie moet bly glo, en dat daar 'n plek vir jong, klein boere in ons land is.

Dean Barnard
Dean Barnard

Dean Barnard (40) boer in die Waboomskraal-omgewing by George met hop, pruime, amandels en pekanneute. Barnard glo dis 'n roeping is om te boer. Dit is vir hom baie spesiaal dat sy gesin en ouers betrokke is by die boerdery.

Rory Sandburg
Rory Sandburg

Rory Sandburg (35) boer in Knysna met melkbeeste. Sandburg glo in die volhoubaarheid van die grond en fokus eerste om dinge "reg" te doen en dan om wins te maak.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM