Landbou

Spesiale fokus | Klein, blou vruggie skiet uit!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Herman van Dyk.
Herman van Dyk.

Die bloubessiebedryf op eie bodem gaan steeds van krag tot krag, en daar is 'n optimisme en toewyding in die bedryf om die sektor vir hierdie supervruggie verder uit te bou en te versterk.

"Die jongste bloubessie-oes lyk belowend. Dit is nog baie vroeg en daar is nog nie genoeg vrugte om regtig te weet nie, maar dit is genoeg om jou opgewonde te maak," sê Herman van Dyk, hoofbedryfsbeampte van Six33 en die nuwe voorsitter van die bedryfsliggaam BerriesZA, luidens 'n verklaring.

Van Dyk het die leisels oorgeneem by Justin Mudge, 'n bloubessieprodusent en passievolle voorstander van die bessiebedryf - veral in die afgelope jaar se stakings by ons hawens in die piektyd vir bloubessies.

BerriesZA verteenwoordig boere wat frambose en blou- en swartbessies produseer. Die bedryfsliggaam het onlangs sy jaarlikse tegniese en handel­simposium in die Paarl gehou.

Die jongste bloubessie-oes lyk belowend. Dit is nog baie vroeg en daar is nog nie genoeg vrugte nie...

Blik op produksie, uitvoer

Die vroeë vrugte is reeds sedert week 14 na die markte in Maleisië, Singapoer, Ierland en die Verenigde Koninkryk uitgevoer.

Volgens BerriesZA tel die volumes in die noorde van die land op, maar die gewone piektyd vir bloubessies in Oktober sal na verwagting aanskuif - met tussen tien dae tot soveel as drie weke in sekere produksiegebiede.

Die swaar reënval wat die Wes-Kaap onlangs ervaar het, kan 'n uitwerking op blomvorming hê, maar volgens Van Dyk sal hulle dit eerder nou as in September wil hê. Die bedryfsliggaam is nog besig om die oesskatting vir die seisoen te finaliseer, maar volgens Van Dyk dui die vroeë aanduidings daarop dat bloubessieboere 'n groter oes as verlede jaar se 24 000 ton uitvoer gaan afhaal.

Optimisme ná twee jaar

"Ons tegniese simposium was 'n groot sukses en dit het werklik baie positiewe energie geskep. Dit was verblydend om te sien hoe baie verskaffers steeds volgehoue geleenthede in die bedryf sien," sê Van Dyk.

"Suid-Afrikaanse boere is baie veerkragtig en ons kyk altyd om die positiewe in 'n situasie raak te sien."

Geborg | Ondersteun gerus die rolspelers in die bloubessiebedryf:

BerriesZA

Berries ZA is 'n Suid-Afrikaanse organisasie wat sedert 2011 die plaaslike bessiebedryf verteenwoordig.

Die gestruktureerde platform is geskep om gemeenskaplike bedryfskwessies aan te spreek wat tot wedersydse voordeel van ons lede strek. Ons dryf 'n groei-strategie vir die bedryf, deur die bedryf.

BerriesZA is 'n Suid-Afrikaanse organisasie wat die plaaslike bessiebedryf verteenwoordig.
BerriesZA is 'n Suid-Afrikaanse organisasie wat die plaaslike bessiebedryf verteenwoordig.

Sodoende bied ons ondersteuning aan ons lede, asook toegang tot internasionale teelprogramme en innoverende genetika. Ons is dapper, inklusief, onafhanklik en behep met gehalte en geur.

Vir meer inligting, stuur 'n epos aan elzette@berriesza.co.za of besoek ons webwerf hier.

Dipar

DiPAR Systems is 'n volwaardige sagtewaretoepassing ontwikkelingsmaatskappy.

Ons onderneming is sedert 1992 in bedryf en het 45+ voltydse personeel in diens - wat hoofsaaklik fokus op pasgemaakte oplossings vir die landbousektor met ons hooffokus op die vrugtebedryf. DiPAR Systems is aan die voorpunt van mobiele en webtegnologie.

DataGear bied 'n omvattende oplossing vir SA bloubessieboere.
DataGear bied 'n omvattende oplossing vir SA bloubessieboere.

Die behoefte aan mobiele inligtingstelsels word vinnig 'n moet-hê. Met baie nywerhede wat aandring op meer intydse besluit-ondersteunende-inligting, is om mobiel te gaan van kritieke belang om 'n mededingende voordeel te behaal.

Ons DataGear®-platform maak voorsiening vir 'n geïntegreerde oplossing oor die hele aanvoerketting heen.

Vir meer inligting, besoek ons webwerf hier.

TopFruit

TopFruit se bessievariëteite is bekend daarvoor dat hulle vroeg ryp word en oor uitstekende eetgehalte en goeie produksie beskik.

Die oesperiode van hierdie vroeë variëteite is vanaf Julie tot Oktober in die vroeë streke van Suid Afrika, en 'n maand later in die koeler Wes-Kaap en KwaZulu Natalse Middellande.

Die uniekheid van hierdie lae-kouebehoefte genepoel van variëteite is dat van hierdie kultivars geskik is om vroeë produksie vanaf April tot Junie, in lande met 'n sub-tropiese klimaat soos byvoorbeeld Zimbabwe, Zambië en Kenia, te lewer. Produsente kry dus met hierdie vroeë vrugte 'n goeie geleentheid om unieke markte te ontsluit.

TopFruit stel nou nuwegenerasie-bessievariëteite naamlik IQ Berries bekend. Hierdie teelprogram het variëteite wat vroeg ryp word en produseer vrugte van uitstekende grootte en eetgehalte.

TopFruit stel nou nuwegenerasie-bessievariëteite naamlik IQ Berries bekend.
TopFruit stel nou nuwegenerasie-bessievariëteite naamlik IQ Berries bekend.

Tesame met kundige, tegniese ondersteuning en uitstekende nuwe variëteite, sowel as 'n oop bemarkingsgeleentheid, kan produsente die potensiaal van bloubessies saam met TopFruit ontsluit.

Vir meer inligting, besoek ons webwerf hier.

Hy meen BerriesZA wil graag die enkele bloubessieprodusente wat nog nie 'n lid van die bedryfsliggaam is nie, intrek. Hy is oortuig van die waarde wat hulle toevoeg tot 'n bedryf wat ná twee moeilike jare anderkant uitgekom het - meer volwasse.

Ouer bloubessieboorde met variëteite wat nie presteer nie, maak nou plek vir nuwe variëteite.

Daarbenewens het die beskikbaarheid van kultivars deur nuwe toetreders ook die dinamika in die bedryf verander en gesorg vir gesonder kompetisie.

BerriesZA doen nou baie moeite in twee spesifieke gebiede, naamlik die bedryfsliggaam poog om nuwe markte vir Suid-Afrikaanse bloubessies te skep.

Daarbenewens is daar ook 'n hernude fokus op voor- en naoes-navorsing en ontwikkeling, gefinansier deur produsenteheffings.

"Ons bestee baie geld om te probeer bepaal hoe ons, ons produk in 'n beter mark kan plaas. En ons doen dit nie slegs deur vooroes­navorsing nie, maar ook om op na-oes te fokus. Suid-Afrika het 'n goeie naam wanneer dit by bloubessies kom en ons werk hard daaraan om dit te beskerm," sê Van Dyk.

Herman van Dyk.
Herman van Dyk.

Bladskud: Ontmoet BerriesZA se nuwe indoena!

Herman van Dyk het onlangs die leisels oorgeneem as die nuutverkose voorsitter van die bedryfsliggaam BerriesZA.

Hy het die bloubessieprodusent Justin Mudge opgevolg. Van Dyk het op 'n plaas grootgeword en meen dit is daar waar sy liefde vir die landbou gekweek is.

"Ek streef daarna om regdeur waarde te skep en 'n verskil te maak in alle sfere van die lewe. My filosofie is om so na aan die aksie as moontlik te wees en die nuus eerstehands te kry - in pleks daarvan om 'n afgewaterde of verkeerde boodskap te kry."

Van Dyk het 'n graad in bestuursrekeningkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf, waarna hy sy nagraadse studies in logistiek voortgesit en voltooi het. Hy het homself daarna as 'n geoktrooieerde bestuursrekenmeester gekwalifiseer.

"Ek het uitgebreide ervaring opgedoen in verskeie sektore binne die landboubedryf. My betrokkenheid was in verskillende sektore binne die waardeketting - wat gewissel het tussen die primêre tot sekundêre vlakke kommersieel sowel as operasioneel.

"Ek het in 2020 op BerriesZA se subkomitee vir logistiek gedien - dit gedurende 'n uiters uitdagende tydperk in die bedryf. Dit het daartoe gelei dat ek meer betrokke in die bessiebedryf wou word en 'n verskil as leier wou maak," verduidelik hy.

"Ek het daarna as 'n direkteur op die BerriesZA-raad gedien sedert Junie verlede jaar en wil graag steeds van diens wees vir die bedryf. Ons betree nou 'n nuwe era in die bessiebedryf - en hoewel dit uitdagend is, is dit ook tyd vir nuwe rigting en verandering."

26 000

BerriesZA voorspel dat die bessiebedryf teen 2024 altesaam 26000 werksgeleenthede sal

skep. So dryf die bessiebedryf 'n groei-strategie deur die bedryf, vir die bedryf.

Het jy geweet?

Die eerste bloubessies is in die 1970's by Lydenburg in die destydse Oos-Transvaal aangeplant. Die bedryf is in 1987 na die Wes-Kaap uitgebrei waar die meeste boorde vandag aangetref sal word.

74%

Van al die verskillende soorte bessies wat in Suid-Afrika verbou word, maak bloubessies soveel persent van die totale aangeplante oppervlakte in die land uit.

Vinnige feit

Die plukseisoen vir bloubessies duur van September tot Desember.

1992

Die eerste Suid-Afrikaanse bloubessies is in dié jaar na Zambië uitgevoer.

Die uitvoerwaarde van daardie vrag was R9780.

Blik op markte

Die Verenigde Koninkryk bly die grootste uitvoermark vir Suid-Afrikaanse bloubessies, gevolg deur ander lande in Europa soos Duitsland - waar die bedryf nou poog om sy markaandeel te vergroot.

Landbou-Redaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM