Ná twee stil pandemiejare brand die vreugdevure eersdaags weer hoog en brul die trekkers op Bredasdorppark in die Overberg vir die jaarlikse Nampo Kaap-ekspo.
Nampo Kaap is die susterskou van die alombekende landbouskou Nampo-oesdag op Bothaville, en gaan vanjaar weer talle landbougeesdriftiges na Bredasdorp lok. Die ekspo vind van 14 tot 17 September plaas en volgens die organiseerders kan besoekers vanjaar meer as 500 uitstallers te wagte wees.
GEBORG: Kom kuier vir ons!
As jy by Nampo Kaap is vanjaar, gaan kuier gerus by een van dié insetverskaffers wat daar gaan uitstal:
- Agricol
Sedert 1991, toe kanola vir die eerste keer in die Wes-Kaap gevestig is, het die landboumaatskappy Agricol 'n fundamentele rol gespeel in die verkryging en beskikbaarstel van kanolakultivars is Suid Afrika.
Gerugsteun deur uitstekende verhoudings en vennootskappe met oorsese maatskappye, is Agricol se toppresterende kanola-kultivars 'n móét vir elke kanolaprodusent in Suid-Afrika.
Wanneer dit by navorsing en ontwikkeling kom, getuig hul slagspreuk "New to the market products are the fuel to corporate longevity" van die mate fokus en tyd wat hieraan bestee word deur konstante proewe en nuwe produktoevoegings tot hul reeds alomvattende suksesvolle produkreeks.
Africol spesialiseer nie net in kanola nie, maar ook in ander akkerbougewasse soos 'n eie sonneblom-teëlprogram, sojabone, mielies, sowel as 'n volledige reeks weidingsgewasse.
As jy meer inligting of advies oor jou volgende aanplanting wil hê, kom besoek ons in die Voermolsaal by Nampo Kaap - stalletjie 205.Of alternatiewelik aanlyn by www.agricol.co.za
- Knittex
Knittex is slaggereed vir jou besoek by NAMPO Kaap 2022!
Knittex, Suid-Afrika se nommereen-vervaardiger van hoëgehalte gebreide landbou- en dekoratiewe skadunet wat duursaam en 100% herwinbaar is, stal by Nampo Kaap uit.
Kom kyk self by ons stalletjie (nommer 35 en 36) in die Total-gebou.
Met wetenskap, vernuwende lig-manipulasie en UV-bestuur, skep skadunet met foto-selektiewe kleur 'n omgewing wat optimale groeitoestande vir jou gewasse skep om in te floreer.
Ons SpectraNet-reeks bied boere die beste resultate en hoogste opbrengs op hul belegging. Dít word gerugsteun deur jare se navorsing, ondervinding en ontwikkeling om te verseker dat ons skadunet 'n gewaarborgde lewensduur van tien jaar het.
Vir meer inligting, besoek www.knittex.co.za
'n Hoogtepunt op die program vanjaar sluit in die BKB Merino Classic Nasionale Kampioenskappe, sowel as die Overberg-streeksjeugskou, die Toyota SA Jong-afslaerkompetisie, die Omnia-boereplannekompetisie en die Nedbank Flora-blommerangskikkings.

Winde van verandering
Bredasdorp-park het in die afgelope twee jaar 'n nuwe baadjie aangetrek te danke aan heelwat veranderinge wat daar aangebring is.
Volgens Henk Aggenbach, voorsitter van die Bredasdorppark-direksie, is daar 72 bykomende uitstalruimtes en 'n verdere vier hektaar se besoekersparkering ingeruim.
Daarbenewens is die ou perdestalle omskep in die BKB Vee-afdeling waar die BKB Merino Classic en die Overberg-jeugskou sal plaasvind, sê hy in 'n verklaring.
Die Water Wise-sentrum, waar verskeie metodes van grondlose produksie soos hidroponika en akwaponika gedemonstreer word, het ook na 'n nuwe, groter tuiste in die park verskuif. Dit is nou 'n werkende hidroponiese onderneming en opleidingsgeriewe wat in samewerking met die Universiteit Stellenbosch gedoen word.
Die Santam-ouditorium is ook in twee aparte lokale omskep. Die Nasie in Gesprek-sessies sal op die boonste verdieping aangebied word, terwyl die onderste lokaal as 'n skoonheidsalon aangewend sal word.
Die Engen 4x4-baan is verlede jaar uitgebrei om 'n afdeling vir uiterste 4x4 in te sluit. Besoekers sal hier onder die bekwame leiding van Terrain Tamers die jongste 4x4-voertuie van verskillende fabrikate in aksie kan sien, verduidelik Aggenbach.
Allermooiste blommeprag
Besoekers aan Nampo Kaap staan elke jaar verstom oor die indrukwekkende Nedbank blomme-uitstallings onder leiding van Marjolijn Malan, en vanjaar gaan geen uitsondering wees nie.
Volgens Aggenbach is die tema "Netwerk met die natuur" en beloof hierdie uitstalling om weereens 'n skouspel van die Overberg se mooiste blomme te wees.
Benewens hierdie uitstalling, word die blommefees voortgesit met die Elim-fynbosuitstalling in die Shell-gebou. Die verskeidenheid en seldsame blommespesies van die Elim-streek word in die uitstalling op 'n natuurlike wyse uitgebeeld.
Daar sal ook 'n teetuin wees waar besoekers tipiese Overbergse lekkernye kan geniet.
Die Elim-opsienersraad is hiervoor verantwoordelik.
Gemeenskap werk saam
Die organiseerders van Nampo Kaap meen dit is belangrik om die plaaslike gemeenskap te ondersteun, en bied daarom 'n geleentheid vir plaaslike skole en nieregeringsorganisasies om geld in te samel tydens die ekspo.
Alle kosstalletjies by Nampo Kaap word óf self deur die organisasies bedryf óf die private ondernemings met kosstalletjies moet 'n deel van hul wins aan só 'n organisasie afstaan.
Van die lekker eetplekke waarna besoekers kan uitsien, sluit in:
- Die Hollard-bistro in die Absa-gebou word deur Huis Klippedrift bedryf.
- Die BKB-teetuin word deur die Suideroord-tehuis bedryf.
- Die SRS-kiosk naby die nuwe BKB-veesentrum is ten bate van die Hoërskool Bredasdorp.
- Die Standard Bank Steakhouse word deur die Rûens-kollege bedryf.
- Laerskool De Heide en die Zoetendal Akademie is ook nuwe skole wat tot die spyseniering tydens die ekspo toetree.
Wat moet jy weet?
Toegangskaartjies is slegs aanlyn beskikbaar by www.ticketpros.co.za of by enige Spar-winkel.
Die kaartjiepryse is R80 vir volwassenes en R40 vir skoolgaande kinders. Voorskoolse kinders kry gratis toegang tot die ekspo.
Die hektye vir die duur van die ekspo is as volg: Woensdag tot Vrydag (14 tot 16 September) van 08:00 tot 17:00; en Saterdag (17 September) van 08:00 tot 14:00.
Vir meer inligting oor Nampo Kaap 2022, besoek www.expo.org.za, bel Chrystal van Wyk by 028 050 1385 of 072 905 5111 of stuur 'n e-pos aan admin@expo.org.za.













