Meeste bessieplante kan in die kouer maande geplant word - iets wat veral help dat die plant makliker aanpas.
Winter is die eintlik die ideale tyd om bessies te plant aangesien die plante dormant is en nie in skok sal ingaan tydens vervoer of wanneer dit geplant word nie.
Dit is iets wat veral in die somer kan plaasvind en soms kan die plante vrek.
Een van Berries For Africa se bloubessieprodusente het besluit om plante vooruit te bestel om sy boorde in die wingerde uit te brei en dit in die koudste week van die winter te plant as die oggendtemperatuur sowat -10 °C is. Die plant ervaar dus geen skok as dit geplant word nie.
Die boonste deel van die plant is wel dormant, maar die wortels hou aan met groei.
Dit gee die plant meer kapasiteit om water en voedingstowwe op te neem as die temperatuur en ure van sonlig weer in die lente styg.
Berries For Africa spesialiseer in die groei en verskaffing van die grootse verskeidenheid bessie-gewasse in Afrika, met tans meer as 20 verskillende tipes bessieplante soos frambose (raspberry), swartbessie, bloubessie, appelliefie (Cape gooseberry), bosbessie (cranberry), gojibessie en aroniabessies, onder meer.
Hul dienste sluit in om 'n nuwe bessieprodusent te help om die mees gepaste bessietipe en -variëteit te kies vir die spesifieke klimaat, ligging, stelsel en markgebied, om te verseker dat optimale opbrengste en gehalte-vrugte gelewer word.
- Tegniese advies en opleiding kan ook aangebied word. Besoek www.berriesforafrica. co.za/blog/ vir meer inligting en wenke van bessies.



















