Pure lekkerte in die Vrystaat!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die 57ste Nampo-oesdag in Bothaville in die Vrystaat het Dinsdag begin en vandag is die laaste dag. Benewens die indrukwekkende uitstalling van masjinerie is daar ook veel vir boere om te sien en meer om te leer én daar is hope pret tydens hierdie week. Hiermee 'n paar foto's van vanjaar se geleentheid.

Hoe ry die boere! In die foto is Mariaan Louw, Bea Claassen, Mariesa Ebersohn en Noeline Drinkwater van die Johan Slabbert-skool in Kroonstad op ’n Fendt-trekker. Foto’s: MLUNGISI LOUW

Gedenkmuur vir plaasaanvalle. Altesame 22 nuwe name is vanjaar op die gedenkmuur op Nampopark in Bothaville bygevoeg van mense wat sedert 1961 in plaasaanvalle in die land gesterf het.

Vlieg hoog! Die bedrywige Nampo-lughawe het Dinsdag 85 vastevlerkvliegtuie en 16 helikopters hanteer en Woensdag was daar 109 vastevlerkvliegtuie en 19 helikopters.

SPELETJIES VANDAG

CTA