Landbou

SA bring bek-en-klouseer in bedwang

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Rooivleis is vir baie min mense meer stapelvoedsel. Foto: Unsplash
Rooivleis is vir baie min mense meer stapelvoedsel. Foto: Unsplash

Suid-Afrika het "prysenswaardige" vordering gemaak om die uitbreking van bek-en-klouseer sedert 2021 in bedwang te bring, volgens die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Tans het slegs KwaZulu-Natal en die Vrystaat gebiede met onopgeloste uitbrekings in vorige bek-en-klou-vrye sones, luidens 'n verklaring van die departement.

Ander uitbrekings in die vorige bek-en-klou-vrye sones is opgelos saam met die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (WOAH).

Geen gevalle van bek-en-klouseer is in die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Wes-Kaap aangemeld nie, wat beteken dié provinsies het sonder inentings bek-en-klouseer-vry gebly.

Die laaste uitbrekings in die vorige bek-en-klouseer-vrye sones in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes was in November 2022, meer as 'n jaar gelede. Die uitbrekings op die geraakte persele in dié provinsies is afgesluit met die WOAH.

Daar is sommige plase en gebiede in KwaZulu-Natal en die Vrystaat wat onder kwarantyn geplaas is weens bek-en-klouseer, en diere mag nie uit dié gebiede geskuif word nie. Sommige distrikte in dié provinsies is nie geraak nie en kan ook as bek-en-klouseer-vrye gebiede beskou word.

Daar is geen algehele verbod op die uitvoer van diere met gesplete hoewe of diereprodukte van gebiede in Suid-Afrika wat nie onder inperking is weens bek-en-klouseer nie. Daar moet egter voldoen word aan die vereistes van die invoerland en dit kan sommige van dié gebiede uitsluit. Rolspelers word daaraan herinner om altyd die vereiste veeartsenysertifikaat te verkry voordat besendings vir uitvoer voorberei word.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM