Swarco Dohnemerino's is een van die staatmakerstoetery wat produksiegerig is.
Dié stoetery poog om die spreekwoordelike "ekstra myl" te loop. Dit word gedoen deur streng keuring en deur nie net by die gewone minimum teelriglyne te hou nie, maar ook op die volgende te let:
- Swarco, in samewerking met hul veearts, sorg dat die ramme dekbehendig (die afgelope vyf jaar het hulle 'n 100%-slaagsyfer behaal) en vrugbaar is; en
- Alle skape word streng gekeur om weerstand te bied teen inwendige parasiete. Mismonsters word van alle troppe geneem en enige skaap met nat mis aan hul agterstewe word summier geprul - daar word weinig dosering vir inwendige parasiete gedoen.
Swarco se 26ste dohne-veiling vind vanjaar op Woensdag 25 Junie weer op Swartrivier plaas. Besigtiging van die dohnemerino's begin om 08:00 met verversings en 'n ligte ete wat voor die veiling om 12:00 genuttig sal word.
Swarco se beleid is om geharde dohnes met gehalte-fynwol te teel. Die aanbieding is van hoogstaande gehalte en sal bestaan uit ongeveer 46 AA- & A-ramme, asook 100 jong, oop ooie. Die ramme is vir dekbehendigheid en vrugbaarheid getoets.
'n Katalogus van die veiling sal nader aan die datum op OVK se webtuiste beskikbaar wees.
Van hul ramme sal ook op 11 Junie beskikbaar wees op die Caledon Ramtelersveiling.
Die Swartrivier-span bedank kliënte, besigheidsvennote en vriende vir hul getroue ondersteuning oor die jare.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Pieter Swart (Swarco) by 083 488 3030 of Japie Hamman (Swarco) by 082 714 9996.
















