Die plaaslike gewasbeskermingspesialiste Viking vier vanjaar hul 30ste bestaansjaar in die landbouchemiese bedryf. Dié toonaangewende landbouchemiese verspreidingsmaatskappy het ná drie dekades nog steeds ten doel om uitstaande tegniese kundigheid, tegnologie en advies aan produsente hier te lewer. Samantha van den Berg het met Anton Giani, Viking se uitvoerende hoof, oor die pad vorentoe gesels.

Viking se ontstaan 30 jaar gelede in 1992 is te danke aan 'n handjievol verteenwoordigers van gewasbeskermingsprodukte in die Wes-Kaap wat 'n besluit geneem het om saam te staan en die risiko te neem om meer bekostigbare produkte aan boere in die provinsie te voorsien.
Volgens Anton Giani, uitvoerende hoof van die maatskappy, was die reeks produkte egter nie volledig nie en Viking was toe genoodsaak om sekere kritieke produkte self in die internasionale mark te soek, proewe te doen en registrasies te bekom.
GEBORG: Ondersteun hulle!
- Wen met Viking:
Om ons 30-jarige bestaan te vier, gee ons R30 000 se pryse weg! Gaan na ons Facebook-blad en volg die instruksies om vir die kompetisie in aanmerking te kom. Hoe meer jy kiiek, hoe groter is jou kans!
Gaan volg ons op Facebook vir meer inligting oor die kompetisie. Besoek ook gerus ons webwerf by www.viking.co.za vir meer oor ons produkte en dienste.
- Corteva, jou vennoot:
CortevaAgriscience™ is 'n toegewyde landbouonderneming wat daarop fokus om produsentete ondersteun om elke seisoen die meeste uit elke hektaar te haal. Onsoplossings verhoog produktiwiteit en winsgewendheid, en verbeteromgewingsuitkomste wat vooruitgang vir almal verseker.
Ons waarde-aanbodis omvattend: geteikende saadteling, saadbehandeling en gewasbeskerminggerugsteun deur ons bekroonde agronomiese span. Ons isdaartoe verbind om toenemend navorsing- en ontwikkeling te prioritiseer en trekvoordeel uit ons wêreldwye netwerk om kundigheid en oplossings in Suid-Afrikate bied.
Dit sluit laboratoriums en veld- en navorsingstasies in, asook diewêreldklas talente van meer as 5 000wetenskaplikes versprei oor 130 lande.
Hier virboere. Hier ten goede.
Vir meer inligting, besoek www.corteva.co.za.Volg Corteva Agriscience ook op Facebook, Twitter, en Instagram.
- Ervaar die verskil wat Bayer in jou boerdery kan maak
Bayer Crop Science bied geïntegreerde oplossings deurhoë-opbrengs saad- en geentegnologie te kombineer met 'n uitgebreide reeksgewasbeskermingsprodukte. Hierdie produkte en tegnologie is geskik virkommersiële en kleinskaalse boere.
Ten einde produsente te help om bestaande entoekomstige bedreigings in hul lande die hoof te bied, is ons voortdurend besigom ons produkportefeulje uit te brei met onkruid-, swam- en insekdoders. Metons DEKALB®-handelsmerk bied ons toppresterende mieliebasters met ingeboudeeienskappe wat help om insekte, peste en onkruid te bestry en produktiwiteit teverhoog.
Laastens is dit ook vir ons belangrik om ons digitale voetspoor tevergroot en hulpmiddels daar te stel om produsente te help om datagedrewebesluite te neem. Met ons FieldView™-platform, stel ons boere in staat om datate versamel en te analiseer om die komende seisoene met 'n geruste hart in tegaan.
Vir meer inligting oor ons omvattende aanbod, besoekwww.bayercropscience.co.za
Vandag is hierdie gevestigde maatskappy se missie steeds om uitstaande tegniese kundigheid, tegnologie en advies te lewer om te verseker dat Viking, deur gesamentlike risikobestuur, aan hul produsente se volhoubare gewasbeskermingsbehoeftes voldoen.
"Dit is vir ons 'n groot voorreg om in die landbou betrokke te kan wees," sê Giani oor hul rol in voedselproduksie in Suid-Afrika en dít wat hulle help doen om voedselsekerheid op eie bodem te verseker. "Landbou speel 'n ongelooflik belangrike rol - sekerlik die belangrikste rol - in die Suid-Afrikaanse ekonomie, gegewe dat dit armoede help verlig, sowel as kos in die mond van die bevolking sit," voer hy aan.

Blik op bedrywighede
Viking se hoofkantoor is in Blackheath in die Kaap geleë, maar die maatskappy bedien produsente oor die Wes- en Noord-Kaap, Suid-Kaap en Oos-Kaap heen en tot so ver as Namibië deur middel van nagenoeg 30 depots en spesialis-agente wat die tegniese advies oordra en oesbeskermingsmiddels aan kliënte lewer. "Ons hoogs gekwalifiseerde agente bedryf depots in die gebiede waar hulle werksaam is. Landbouprodusente het dus maklike toegang tot al ons produkte in die betrokke gebiede waar hulle boer," verduidelik hy.
"Ons tegniese span - wat uit van die mees kundige persone in die bedryf bestaan - werk wel van die hoofkantoor in die Kaap, maar is altyd beskikbaar om produsente in ons hele bedieningsgebied oor die provinsies heen te besoek."
Produsent se vennoot
Die landboubedryf, plaaslik en internasionaal, verander voort-durend soos wat nuwe tegnologie uitgerol word.
Volgens Giani is Viking egter toegerus om by hierdie veranderende omgewing by te bly.
"Viking het uitstekende langtermynverhoudings met ons verskaffers, wat beteken dat ons tot voordeel van al ons produsente áltyd toegang het tot die jongste tegnologie soos wat dit deur ons ver-skaffers beskikbaar gestel word."
Landbouprodusente word deur vele risiko's in die gesig gestaar, maar die feit dat Viking op die voorpunt bly van die jongste tegnologie maak dit vir die maatskappy ook moontlik om produsente by te staan en die lewe vir hul makliker te maak.
"Die kern van Viking se waardetoevoeging is om produsente te help om die beste moontlike opbrengs vir elke gewas te verseker - dít deur kostedoeltreffende pasgemaakte oplossings en deskundige advies te verskaf," verduidelik Giani.
"Gegewe die abnormale uitdagings van die afgelope twee jaar (weens onder meer die Covid-19-pandemie) wat produkbeskikbaarheid geaffekteer het, het Viking, waar moontlik, strategies vooruit aangekoop sodat produsente nie sonder produkte gelaat word wanneer hulle dit die nodigste het nie."

Viking, die voorkeurkeuse
Pols jy Giani oor waarom landbouprodusente dan nou Viking as insetverskaffer moet kies, antwoord hy dat hulle te danke aan strategiese vennootskappe produsente aan 'n wyer reeks van produkte en dienste bekend kan stel. Dít op sy beurt voeg weer baie waarde tot die produsent se onderneming toe.
"Alle advies wat ons gee, is daarop gemik om pasgemaakte en bekostigbare oplossings aan produsente te bied.
"Daarbenewens het Viking ook 'n unieke sakemodel in die sin dat alle verteenwoordigers aangemoedig word om aandele in die maatskappy op te neem. Dít beteken dat die volhoubaarheid van die maatskappy vir elkeen oor die langtermyn belangrik is," sê hy.
"Sodoende word die produsent bevoordeel omdat verteenwoordigers nie op korttermyngewin ingestel is nie, maar eerder op volhoubare langtermynverhoudings en -oplossings fokus - faktore wat albei waarde oor tyd toevoeg."
Werk saam met omgewing
Voedselproduksie en die natuur gaan hand aan hand en die bewaring van die omgewing vir nou en vir die volgende geslagte is 'n hoofsaak vir Viking.
"Volhoubare landbou is op almal se lippe en elke rolspeler se verantwoordelikheid. Die bewaring van die omgewing is nie onderhandelbaar nie, want dit vorm die basis van onder meer voedselsekerheid in die toekoms," verduidelik Giani.
"Dit is belangrik om aan produsente inligting te verskaf en ook keuses te bied rakende die volg van 'n spesifieke strategie.
"Viking formuleer hierdie strategie saam met die kliënt," sê Giani oor die rol wat hulle in die bewaring van die omgewing speel.
"Dit is dus baie belangrik dat Viking se verteenwoordigers voortdurend opleiding ontvang - ekstern sowel as intern - om op hoogte te bly van produkeienskappe om die omgewingsimpak tot die minimum te kan beperk."
Benewens omgewingsbewaring is dit ook vir Viking belangrik om die toepassing van die beste landboukundige praktyke op plase moontlik te maak.
Volgens Giani doen hulle dit as volg:
- Weerstandsbestuur word toegepas deur die afwisseling van chemikalieë om te verseker dat die plaag nie weerstand genereer nie.
- Die gebruik van sogenaamde "sagter middels" om die natuurlike kant van landbou, of dit nou die plant self en of dit natuurlike insekte is, te beskerm.
- Om die volhoubaarheid van die plaas te waarborg, gebruik Viking strategiese produkte op die optimale tyd om sodoende die gewas teen die teikenplaag te beskerm, maar ook om die natuurlike organismes te beskerm.
- Residubestuur is een van Viking se belangrikste strategieë. "Ons bestuur die gewas in só 'n mate dat die boer sy produk na van die strengste markte kan uitvoer, sonder om onnodig met té veel residue te sit en ook aan die sekondêre markstandaarde te voldoen."
Pad vorentoe
Volgens Giani is die span by Viking opgewonde oor die volgende 30 jaar. 'n Groot bydraende faktor tot Viking se sukses is dat die span as 'n eenheid funksioneer - geen skakel in die ketting is belangriker as die ander nie. Die maatskappy is goed geposisioneer vir die toekoms en die span het ten doel om die maatskappy die Suid-Afrikaanse produsent se verspreider van keuse te maak.
"Die sakelandskap verander voortdurend en die landboubedryf is geen uitsondering nie. Landbouprodusente word dus aangemoedig om met hul verteenwoordigers te gesels rakende die moontlikheid om diensvlakooreenkomste met Viking te sluit.
"Viking het reeds sy aanbieding aan verteenwoordigers verander om aan hulle keuses te bied wat hul individuele behoeftes sal hanteer."
Viking en die produsent
Daar is twee produkreekse waarvan Viking die eksklusiewe verspreidingsregte in Suid-Afrika besit. Hulle is:
- DASA/Elfer:
'n Wye reeks van produkte, vervaardig in hul eie laboratorium in Spanje, wat op grondgesondheid en plantvoeding fokus.
- Trécé:
Trécé Inc., 'n maatskappy geleë in Oklahoma in Amerika, versprei die Cidetrak-reeks vir paringsontwrigting en die Pherocon-reeks van moniteringsprodukte (lokvalle en vrystellers) eksklusief deur Viking. Die Cidetrak CMDA Combo bied die voordeel dat manlike sowel as vroulike kodlingmotte se paringsvermoë ontwrig word.
Volgens Viking is daar 'n paar opwindende toevoegings (gewasse en teikenplae) tot hierdie twee reekse wat binnekort registrasiestatus in Suid-Afrika sal kry.
Viking se verteenwoordigers
- Bonnievale en Buffeljagsrivier: Kanollie Beukes:082 807 3380
- Bredasdorp: Johan Janse van Rensburg: 082 748 5177 en Con Neethling: 082 801 7761 en Koos Roux: 082 897 8330
- Caledon: Frikkie Lubbe: 082 921 7994
- Ceres: Annelette Hugo: 076 835 0443 en Riaan Malherbe: 082 699 1270
- De Doorns, De Wet en Rawsonville: Rico Dippenaar: 072 204 9416 en Phillip Human: 083 234 8783 en Barnard Steyn:082 490 5949
- Douglas, Prieska en Modderrivier: Johan Cloete: 082 491 7417
- Durbanville en Koeberg: Abelines Schoeman: 082 555 5551
- Grabouw, Elgin en Greyton: Neil Hopkins: 082 561 9514
- Linde Giliomee: 082 377 3663
- Krige en Botrivier: Boetie Beukes: 082 552 3451
- Lambertsbaai, Sandveld en Citrusdal: Jaco de Jongh: 083 627 9033
- Langkloof: Nelis Johnston: 082 572 2859
- Lutzville, Strandfontein en Koekenaap: Francois Retief: 073 210 3945
- Jonathan Young: 082 969 4355
- Marchand, Upington, Keimoes en Augrabies: Ben Cloete: 076 987 9893
- Moorreesburg en Piketberg: Deon Westenraad: 072 491 7107
- Phillipi, Oudtshoorn en Calitzdorp: Lourens Ferreira: 072 609 8037
- Porterville: Smith de Vries: 082 523 8027 en Barend Pasques: 083 457 2345
- Redelinghuys: Emil Visser: 084 407 1770
- Riversdal, Mosselbaai en Ladismith: Basie Muller: 082 578 5436
- Stellenbosch en Somerset-Wes: André Eksteen: 082 572 6130 en Andrew Hacking: 082 851 1884
- Tulbagh, Wolseley en Breederivier: Gideon van Niekerk: 082 909 0010
- Villiersdorp, Vyeboom en Greyton: Ighnus Grobler: 067 052 3459
- Vredendal en Klawer: Pierre Albertyn: 083 645 2932
- Wellington en Noord Agter-Paarl: Hein Steyn: 064 685 5822
- Worcester en Breederivier: Tinus van der Westhuizen: 082 787 9198 en Gerrit van Zyl: 082 552 1645












