Die uitstaande vrugte van die Welgemeen Boerdery in die Witzenberg-vallei het vanjaar vir hulle top-ere by die Ceres Fruit Growers se jaarlikse prysfunksie besorg.
Benewens die toptrofee vir algehele beste prestasie, het hulle ook die Buks Nel-wisseltrofee ontvang vir die beste prestasie met BigBucks Gala, asook wisseltrofeë vir hul prestasies met Golden Delicious, Abate Fetel en Mahana Red.
Op Welgemeen is Hannes Hanekom in beheer van sake waar hy saam met sy broer Sakkie boer en hul pa, Izak, is ook 'n aandeelhouer in die besigheid. Hulle verbou appels en pere op die plase Welgemeen en Slagboom.
Hanekom het verlede jaar se winter as fantasties met goeie omstandighede beskryf.
- Lees meer oor Welgemeen Boerdery in LandbouBurgerse spesiale fokus oor hulle wat in die uitgawe van 12 April verskyn.















