Maatskappye

Gewese uitvoerende hoofde van Transnet gearresteer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die voormalige uitvoerende hoofde van Transnet wat by 'n omstrede lokomotieftender van R93 miljoen betrek word, is Maandag in hegtenis geneem.

Brian Molefe en Siyabonga Gama het hulle by 'n polisiekantoor in Brackensdown in Alberton, Gauteng, oorgegee, het Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat teen korrupsie, aan Netwerk24 bevestig.

'n Saamgestelde foto van Brian Molefe en Siyabonga Gama. Foto's: Gallo Images
'n Saamgestelde foto van Brian Molefe en Siyabonga Gama. Foto's: Gallo Images

Hulle sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Palm Ridge verskyn.

Die voormalige finansiële hoofde Anoj Singh en Garry Pita, asook Phetolo Ramosebudi, oudtesourier van die Transnet-groep, het reeds op aanklagte van bedrog, geldwassery en korrupsie verskyn.

Hulle was in Februarie saam in die hof en is op borgtog vrygelaat.

Molefe en Gama is LP's in die MK-party (MKP).

• Die berig is sedert aanvanklike publikasie bygewerk met kommentaar van die NVG.

- stefani.terblanche@media24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM