Tegnuus

Manjifieke sewe word twee in 2025

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Alphabet was een van die twee wat 'n beter vertoning as die mark kon lewer.
American Social Media And IT Companies Photo Illustrations Alphabet was een van die twee wat 'n beter vertoning as die mark kon lewer. (Foto: Getty Images)

Die sewe tegnologiereuse wat as die manjifieke sewe bekend gestaan het omdat hul aandele so goed presteer het, het in 2025 nie almal so manjifiek gevaar nie.

Die nuusblad TheStreet berig die manjifieke sewe was ’n gegewe vir beleggers in 2024, maar verlede jaar het net Alphabet en Nvidia die S&P 500 oortref.

Die S&P 500 het verlede jaar met 16,4% gestyg.

Dié twee het met onderskeidelik 65% en 40% gestyg.

Die beskrywing van die tegnologiereuse is in 2023 geskep omdat voorsien is dat hulle die meeste sou baat vind by kunsmatige intelligensie (KI).

Die ander se aandeelpryse het só gevaar:

  • Tesla styg met 16,3%
  • Microsoft styg met 15,7%
  • Meta styg met 12,8%
  • Apple styg met 8,2%, en
  • Amazon styg met 6%

Volgens TheStreet word dit nou duideliker wie anders werklik by die uitbou van KI gaan baat vind, vergeleke met voorheen toe dit moeilik was om die wenners van die verloorders te onderskei.

“Tesla, Microsoft, Meta, Apple en Amazon het die wind in hul seile met KI. Maar hulle is so groot dat hulle werklik massiewe opbrengs op belegging benodig van hul besteding daarop om dieselfde inkomste- en winsgroei te skep van Micron en byvoorbeeld Western Digital.”

LEES OOK | KI-koors weer rede vir topprestasies op S&P 500

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM