Tegnuus

MTN loop deur onder kuberkrakers

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die MTN-groep het ’n handelsverklaring uitgereik om aandeelhouers oor ’n drastiese val in hul verdienste per aandeel te waarsku. Foto: Gallo
Die MTN-groep het ’n handelsverklaring uitgereik om aandeelhouers oor ’n drastiese val in hul verdienste per aandeel te waarsku. Foto: Gallo

MTN vermoed hy was die slagoffer van kuberkrakers wat toegang verkry het tot die persoonlike inligting van MTN-kliënte "in sekere lande".

Die selfoonmaatskappy dui nie aan in watter lande of hoeveel mense geraak is nie.

MTN se kernstelsels en rekeningstelsels is wel veilig, sê die maatskappy in 'n verklaring.

" 'n Onbekende derde party beweer hy het toegang tot data verkry wat verbind is met dele van ons stelsels. In dié stadium het ons geen inligting wat daarop dui dat kliënte se rekeninge of beursies regstreeks geraak is nie."

Die groep het die polisie en die Valke in Suid-Afrika ingelig, asook betrokke owerhede in ander lande. MTN werk met alle ondersoeke saam.

Mense wat geraak word, word daaroor ingelig.

Kliënte word gevra om waaksaam te wees. Onder die stappe wat hulle kan doen, is:

• Maak seker die jongste weergawe van jou bank-, MTN- en/of Momo-app is gelaai.

• Gebruik sterk en unieke wagwoorde vir jou rekeninge en verander hulle gereeld.

• Wees versigtig as jy boodskappe kry en moenie sommer op skakels klik nie.

• Moenie jou wagwoorde, PIN-kodes en eenmalige wagwoorde (OTP's) aan enigeen verskaf per foon, teksboodskap of e-pos nie.

• Aktiveer veelvoudige magtiging waar dit beskikbaar is.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM