Tegnuus

MTN sukkel met voorafbetaal-kliënte in SA, nes Vodacom

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
MTN is aanstaande week weer in die hof oor Turkcell se aantygings van ’n geknoei met ’n lisensie in Iran in 2005.  Foto: Gallo
MTN is aanstaande week weer in die hof oor Turkcell se aantygings van ’n geknoei met ’n lisensie in Iran in 2005. Foto: Gallo

Stewige winsgroei wat MTN die afgelope ses maande in Nigerië en Ghana behaal het, het die hele groep se halfjaarsyfers 'n enorme hupstoot gegee.

MTN het op Sens bekend gemaak vir die ses maande tot einde Junie het sy verdienste per aandeel met meer as 200% styg en sy wesensverdienste per aandeel met meer as 300%. Die nuus het die groep se aandeelprys met tot 4,9% laat opskiet.

Nigerië, MTN se grootste mark, het 'n nabelaste wins van nagenoeg R4,9 miljard behaal, teenoor 'n verlies van sowat R6 miljard in dieselfde ses maande van 2024.

In Ghana het die groep se wins met byna 56% in die plaaslike geldeenheid, die cedi, gestyg.

Suid-Afrika het "uitdagings" opgelewer, veral wat voorafbetaal-kliënte betref, sê MTN. Meer besonderhede word nie in die handelsverklaring gegee nie.

Vodacom het onlangs presies dieselfde gesê.

Pepkor, wat deesdae byna 80% van alle voorafbetaalde selfone in die land verkoop, laat die tradisionele selfoonmaatskappye les opsê.

MTN se halfjaarresultate word op 18 Augustus uitgereik.

- hanlie.stadler@24.com

Hanlie Nordejee

Hanlie Nordejee

Hanlie is a business journalist based in Cape Town covering macro-economics.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM