Lospassende broek van plantgebaseerde materiaal (R1 500) met bypassende kort top (R520) en baadjie (vanaf R1 400), alles van Hannah Lavery. Oorbelle van herwinde koper en glas (R699), H&M Studio, slegs beskikbaar by die Sandton-winkel. Swart leerhakskoene (R1 599), Woolworths. GROOTTES Broek: 6 - 18 Top: 6 - 12 Baadjie 6 - 18. Foto: Cass Collett
'n Interessante patroon trek altyd die aandag, maar selfs nog meer as dieselfde patroon van kop tot toon gedra word en boonop van 'n plantgebaseerde materiaal gemaak is.
Kunswerk
Kralewerk-palmhandsak met protea- en Ndebele-motiewe (R1 890), Asatsi. Groen blinkerrok (R1 550), Eeme (eeme.co.za). GROOTTES Rok: S - L. Foto: Cass Collett
Die kralewerk-palmhandsak is met die hand geborduur en is dus kosbaar. 'n Item wat enige uitrusting daardie ekstra oemf gee.
Ewig jeugdige jas
Lospassende maksirok met drukmotiewe van die Marokkaanse landskap (R1 499), Mareth | Colleen. Katoenserp met palingpatroon (R399), Artho Eksteen. Seil-insteekskoene met groen strepe (R850), Desray. Vollengte dubbelborsjas van wolmengelstof (prys op aanvraag), H&M Studio, slegs beskikbaar by die Sandton-winkel. GROOTTES Rok: S - XXL Jas: XS - XL. Foto: Cass Collett
'n Jas in 'n klassieke snit is 'n belegging wat jy jaar in en jaar uit kan dra. Ekstra detail op die moue maak hierdie jas iets besonders, en die jasmateriaal is 'n wol-en-houtpulpmengelstof. Jy kan rondspeel met die oprol van die mou en die detail wys.
Die ene ore
Aventuriensteen-en-tou-oorbelle (R850), Pichulik. Midirok met los, swaaiende moue van Ecovero* (R2 900), Asha Eleven. GROOTTES Rok: S - L. Foto: Cass Collett
In Suid-Afrika het ons ongelooflik talentvolle juweliersware-ontwerpers. Pichulik se skeppings van tou en halfedelstene trek nie net plaaslik aandag nie, maar ook oorsee en het al in Vogue verskyn.
Krag van kennis
Swart moulose top van BCI-katoenmengelstof (R429), H&M. Swart hemp met snoeikunspatroon (prys op aanvraag), Artho Eksteen. Groen wyepypbroek van rekbare leereffek-materiaal (R1 700), Eeme. Swart kammossel-en-koperhalssnoer (R460), Down to Earth Jewellery. GROOTTES Top: XS - XL Hemp: S - L Broek: XS - XL. Foto: Cass Collett
Dit is belangrik dat jy klere-etikette verstaan. Die verskil tussen gewone katoen en organiese katoen is dat laasgenoemde verbou word sonder die gebruik van sintetiese plaagdoders en chemiese kunsmis.
Swart moulose top van BCI-katoenmengelstof (R429), H&M. Swart hemp met snoeikunspatroon (prys op aanvraag), Artho Eksteen. Groen wyepypbroek van rekbare leereffek-materiaal (R1 700), Eeme. Swart kammossel-en-koperhalssnoer (R460), Down to Earth Jewellery. GROOTTES Top: XS - XL Hemp: S - L Broek: XS - XL. Foto: Cass Collett
Met inisiatiewe soos die Better Cotton Initiative (BCI) word water, kunsmis en plaagdoders oordeelkundig gebruik ten einde die omgewingsvoetspoor van katoen te verminder.
Bobaasbroek
Lospassende broek van Ecovero* (R2 350), Asha Eleven. Swart moulose trui met kunspêrel-en-krale-detail (vanaf R1 500), Artho Eksteen. Naaswit kunsleersandale met bandjies (R549), Woolworths. GROOTTES Broek: S - XL Trui: Op aanvraag. Foto: Cass Collett
Nie net word hierdie broek plaaslik vervaardig nie, maar die materiaal is ook ekovriendelik. Die patroon is geskep deur Olivia Kennaway, die ontwerper van Asha Eleven. 'n Regte ekovriendelike kunswerk aan jou lyf.
Wat is Ecovero? 'n Houtpulp-weefstof wat vervaardig word van volhoubare hout.
Plaaslike pret
Roomkleurige katoen-en-sybokhaar-kortmoutrui met val (R1 499), Artho Eksteen. Reënboogkleurige maksirok van viskose (R1 200), Me&B. Groen kokonjas van wolmengelstof (vanaf R699), Mareth | Colleen. Silwerkleurige hoëhaksandale (R599), Woolworths. Koperringe met swart lawastene en varswaterpêrels (vanaf R1 250 elk), Pichulik. GROOTTES Trui: S - L Rok: 32 - 46 Jas: S - L. Foto: Cass Collett
Wat ook al jou persoonlike styl is: Suid-Afrika het hope talentvolle ontwerpers wat jou kas kan aanvul met hul unieke ontwerpe. Onthou net, goeie materiaal en vakmanskap kos altyd 'n bietjie meer en is daarom 'n goeie belegging.
Hoera vir herwin
Oranje maksirok met plooi-detail van herwinde poliamied en elastaan (R1 499), H&M Studio Collection. Groot kopserp met luiperdpatroon (R790), Asatsi. Armbande van halfedelstene en koper (R1 300 elk), Down to Earth Jewellery. GROOTTES Rok: XS - XL. Foto: Cass Collett
Met moderne tegnologie kan maatskappye nou nuwe tekstielstowwe skep uit afvalmateriaal. Ou visnette en selfs matte word hiervoor gebruik en só word meer as ons oseane skoon gehou.