’n Gelukkiger Dinsdag ná ’n reënerige aand

Ter illustrasie Foto: Unsplash
Ter illustrasie Foto: Unsplash

My hande wat vassit in jou

granaat borselkop hare

jou Brannewyn lag en my Gin asem

op 'n Saterdag piekniek lank-lank terug

'n gelukkiger Dinsdag ná 'n reënerige

aand op die Amstel, debatteerend

in die "Old Sailor" in De Wallen terwyl

die prostitute rooibors-prontuit vir

jou oogknip (en ek vergeet van jou

skreeu en die kere wat jy my beskuldig)

Die warm opkrul in jou skulplyf oor

talle wintersoggende, die ek-voel-16

middernag danse by vriende se

troues.

Die oneindigende skimp-skimp

"ek-soek-die-ring" foto's, jou

"asseblief net nie 'n mermaid-styl"

trourok kommentaar

Die tiek-tok van twee en 'n half jaar

(en dalk daarna), wat skuins ná Oktober

op 'n Sondagmiddag gaan stilstaan

in my voorportaal: jou kop in jou hande

en my hart aan't skerwe op die bank

waar ek laas op jou skoot aan die

slaap geraak het

Ons loop stadig-maar-seker leeg,

nou vervaag my hand in joune en

ons Desembers en vakansiedrankies

saam met maskers en pandemie-opskrifte

soos die laaste 3 dae van die 2020

alles,

behalwe die pyn:

Ek voel al vir twee maande

soos die woord breek

(and counting)

  • Anel de Meyer studeer tans vir 'n LLM-graad in Internasionale Privaatreg aan die Noordwes-Universiteit.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die hele tyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

Anel De Meyer, Noordwes-Universiteit

SPELETJIES VANDAG

CTA