Die Student

Digkuns Dinsdag: Gemengde gevoelens

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die Vader het wonderbaarlik vir my deurgekom

en my grootliks geseën,

met groot geleenthede en omgee mense

maar hoekom voel ek steeds

alleen?

ek probeer steeds mense beïndruk

deur myself geestelik in die skuld te druk

ek stel ander tevrede en stel my geluk op prys

en soek vir rigting in ander se padkaarte

in plaas van God om my die pad te

wys

Alles is niks en niks

bly niks

"Jy het soveel om voor dankbaar te

wees"

oor weelde en toekennings wat niks sal genees

Leemtes bly leeg, met 'n maag vol

vrees

want ek soek tydelik pleisters vir 'n wond wat net die Vader kan genees

Ek sal nóóit werklik gelukkig en tevrede wees nie

want vrede en liefde sal hiérdie wêreld my nooit bied nie.

Janice Lawack.
Janice Lawack. (Foto: Verskaf)
  • Janice is 'n onderwysstudent in haar vierde jaar aan die Nelson Mandela-Universiteit. Sy kom van Clarkson in die Oos-Kaap.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog heeltyd hoe dit werk? Kyk na hierdie video.

Janice Lawack, Nelson Mandela-Universiteit

CTA