Die Student

Digkuns Dinsdag: Sonne

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Liezille Draper  Foto: Verskaf
Liezille Draper Foto: Verskaf

Daar is vroeë oggende

Wat ons soos dienaars

In die kerk,

In die veld,

In die basiese ruim

In gebed spandeer

Vir onsself

Vir 'n saligmaker

In ons eie saligmakend

Ons weet daar is altyd

Iets van bloed

Ons weet daar is altyd

Iets van vrees

Maar ek vra,

Is daar 'n einde aan

Liefde in enige vlees?

Ons bid ook om reën

Ons vra ook vir vergifnis

Ons treë ook in gesang

Dus mag ons ook

'n duisend Sonne

In ons gemoed dra

Luister, en jy sal weet

Spoorloos is ons nie

Bloot het God ons

Op ons eie terme gevind

Bloot het ons God

Binne ons bewind

Buitendien is ons almal

Nes die Seun

Eers as mens geseën

En hier is ons almal

As een vir mekaar verleen,

Of onthou jy nou weer?

Ons is hier om liefde

Te leer.

  • Liezille het natuurbewaring aan die Centurion Akademie studeer.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
Liezille Draper, Centurion Akademie

CTA