Grootste les van 2021: Geduld

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hendri Schutte Foto: Verskaf
Hendri Schutte Foto: Verskaf

Wat is die grootste les wat ek hierdie jaar geleer het?

Jislaaik, waar begin ek? Daar is só baie wat ek geleer het, maar ek dink die grootste les wat ek geleer het, is hoe om geduldig te wees en wanneer om net terug te staan.

As ek praat van geduldig wees, praat ek nie van om nie kwaad te word nie.

Nee, jy moet geduldig wees met alles wat jy doen en geduldig wag, tensy dit lewe of dood is.

Vir my, as onderwyser, is geduld 'n baie belangrike eienskap. Dit het 'n hele paar jaar geneem voordat ek dit geleer het.

Jy moet geduldig wees met elke kind, want almal leer en doen elke ding teen hul eie tempo. Ja, soms wil jy hê almal moet ewe vinnig saamwerk, want jy het jou sperdatums en wil graag bietjie voor wees met die werk.

Dit is ook nie net geduld met kinders nie.

Jy moet geduldig sit en wag vir dit wat na jou kant toe sal kom. Jou trouman of -vrou gaan nie net eendag instap en dan is julle getroud nie, dit is iets wat gebou moet word.

Jy gaan nie eendag opstaan en dan is jy 'n miljoenêr nie, jy moet hard werk, maar geduldig wag vir daardie geldjies om te groei.

'n Groot deel van geduldig wees, is om geduldig met mense te wees.

Jy gaan nie jou graad aan die begin van jou studie kry nie, dit is iets waaraan jy moet werk, want jy wil tog jou beste doen.

Wees geduldig met die werk wat jy doen, want afgejaagde werk is halwe werk. Rome is nie in 'n dag gebou nie.

Daar is geen nut daarin om 'n mens aan te jaag om iets klaar te maak wat jy self weet 'n sekere tyd vat nie. Dit is makliker om aan te pas as om oor te begin of halwe werk te doen.

'n Groot deel van geduldig wees, is om geduldig met mense te wees. Dit is makliker gesê as gedaan, maar wanneer jy weet iemand gaan deur 'n moeilike tyd, moet jy probeer verstaan en geduldig wees. Elke persoon hanteer 'n situasie anders.

Wees geduldig met die pad vorentoe. Jou toekoms is al reeds uitgelê en alles gebeur op die regte tyd. Jou verhoging sal kom, jou hartseer sal verdwyn, jou lewe sal beter word.

Om ongeduldig te wees is soos om vandag 'n saadjie te plant en te verwag dat daar môre 'n bos blomme sal wees. Geduld is om te weet dat jy die saadjie water moet gee en hom toelaat om teen sy eie tempo te groei en aan te pas by die klimaat.

Geduld is 'n klein begin wat baie mense na groot sukses kan lei.

  • Hendri is 'n onderwyser-assistent by die Salomon Senekal Hoërskool in Viljoenskroon, sy geboortedorp. Hy studeer aan Unisa.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Hendri Schutte, Unisa

SPELETJIES VANDAG

CTA