
Erfenisdag is 'n herinnering aan Suid-Afrika se ryk geskiedenis en 'n viering van al ons verskillende kultuurgroepe.
Tog wonder ek of mense in Suid-Afrika besef hoe bevoorreg hulle is om deel te wees van dié land? Weet ons regtig wie ons is en waar ons vandaan kom? Of gebruik ons net Erfenisdag as 'n verskoning om in die week te braai?

Niemand in Suid-Afrika is sonder 'n identiteit nie. Almal behoort iewers. Dit help ons om te weet wie ons is en wat ons kán wees.
Erfenisdag is óók 'n goeie geleentheid om meer oor die ander kultuurgroepe in ons land te leer. Ons is bevoorreg om so baie verskillende kulture in een land te wees. Maar met dié voorreg kom daar ook 'n verantwoordelikheid.
Ons elkeen het die verantwoordelikheid om mekaar se tradisies en kulturele identiteite te respekteer. Só kan ons saamstaan as 'n nasie. Die kaptein van die Springbokke, Siya Kolisi, het dit eintlik so mooi gestel: "Ons is sterker saam".
Erfenisdag is 'n herinnering aan wat ons land eens was, maar ook aan wat dit kán wees. Ons vier wat was, wat is en wat nog moet kom. Vir my is Erfenisdag 'n viering van die werklike geboorte van Suid-Afrika, waar ons kan saamstaan as 'n reënboognasie.
Nkosi Sikelel' iAfrika. God bless Africa. God seën Afrika.
Ek is seker jou mond water vir die steak wat jou ma al 'n week terug gekoop het. Kom ons braai!
- Carmi Engelbrecht studeer aan die Universiteit van die Vrystaat.
- Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
- Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
- Volg ons op Instagram en Facebook.
WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?
Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.
IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?
Jy kan R10 000 wen!




















