Die Student

Kraakvars onderwysers, maar waar is die poste?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ek is aan die einde van my onderwysgraad en ek moet begin soek vir 'n pos, die enigste vraag is waar ek 'n pos gaan kan kry. Om 'n onderwyspos te kry in Suid-Afrika is baie ingewikkelder as wat mense dink.

Hoewel daar talle poste geadverteer word, is daar nie veel poste wat geskik is vir 'n onderwyser wat so pas uit die universiteit kom nie, so dit is die deel waar dit ingewikkeld begin raak aangesien die meeste van die poste wat beskikbaar is net vir onderwysers met ervaring is.

My vraag is, hoe kan jy ervaring opdoen as 'n onderwyser as jy nie die kans gegun word dit op te doen nie?

Mense word baie maklik veroordeel oor die feit dat hulle hul land verruil vir 'n ander, maar dit is nie so maklik soos wat mense dink nie.

Dit het my laat dink aan hoeveel onderwysers al oor die waters gegaan het juis om 'n onderwyser in die vreemde te gaan wees aangesien hul eie land nie vir hulle die kans gegun het om 'n opvoeder te wees in die land wat dit die meeste nodig het nie.

Mense word ook baie maklik veroordeel oor die feit dat hulle hul land verruil vir 'n ander, maar dit is nie so maklik soos wat mense dink nie, dit is 'n groot besluit wat gemaak word, gegrond op 'n stelsel wat die individu in die steek gelaat het.

Korrupsie in die onderwys is so verskuil soos 'n wolf in skaapsklere. Onderwysers word geplaas in poste, soms as gevolg van hul kennisse in die skool of selfs net gegrond op wat hulle kan bied op die ekstra kurrikulêre vlak by die skool, al het hulle net-net deur hul graad geskuur. Dit is die realiteit wat ek moet aanvaar. Dit is nogal angswekkend om te dink dat dit is waar ons land staan met ons skole en die bestuur daarvan.

Die Akademie meen die status quo waar skoolbeheerliggame skole se taalbeleid bepaal, moet behoue bly. Foto: Unsplash
Die Akademie meen die status quo waar skoolbeheerliggame skole se taalbeleid bepaal, moet behoue bly. Foto: Unsplash (Foto: Unsplash)

So hoe bou jy ervaring op in 'n stelsel wat jou nie toelaat om wel dit te doen nie? Gaan dan maar oorsee en gaan na 'n samelewing wat opvoeders nodig het in plaas daarvan om werkloos te sit in 'n land waar opvoeding geen waarde in die samelewing het nie. Dit is hoe die meeste van vandag se onderwysers dink wat kraakvars uit die universiteit is en dit raak 'n groter tendens as wat mense werklik dink.

Daar is soveel faktore wat onderwysers laat kyk na wat oor die waters is, soos die betaling wat beter is, die respek wat getoon word vir 'n onderwyser (nie net van die leerlinge af nie maar ook van die burgers van die land) en natuurlik die werksomstandighede wat beter en beheerbaar is. Wie sal dan nou nie daardie geleentheid wil aangryp wat vir jou iets beter kan bied nie?

Dit is eintlik hartseer om te dink dat die visie wat ek gehad het so belemmer word deur die gebroke en korrupte stelsels van die onderwys in Suid-Afrika.

Ongelukkig sien Suid-Afrika nie raak dat hulle besig is om onderwysers van gehalte te verloor as gevolg van die min tot geen geleenthede wat sy en haar inwoners vir onderwysers bied nie.

Dit is eintlik hartseer om te dink dat die visie wat ek, en baie ander onderwysstudente, gehad het oor die werk wat ons eendag wil doen, so belemmer word deur die gebroke en korrupte stelsels van die onderwys in Suid-Afrika dat dit ons indirek dwing om groener weivelde te gaan soek.

Dit alles net om ons passie uit te leef wat die bou en opvoeding van die jong en energieke jeug van die land behels, al is dit nie meer jou tuisland nie.

  • Jacobus is 'n vierdejaar-BEd Senior fase- en VOO-student van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie, Wellington-kampus.
  • Menings is dié van rubriekskrywers en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk na hierdie video.

Jacobus Le Roux, Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM