Die Student

Niks te veel gevra vir dié ma

Nika Pelser en haar ma.
Nika Pelser en haar ma.

My ma is beslis 'n skryfstuk werd, en nie net omdat sy die beste moeder is waarvoor 'n meisie kan vra nie. My ma bestuur 'n ouetehuis. Sy het aan die begin van Maart, voordat die landswye inperking afgekondig is, die ouetehuis onder sy eie inperking geplaas om die inwoners teen die virus te beskerm aangesien ons teen daardie tyd eintlik nog min daarvan geweet het. Op dié tydstip het sy nie 'n matrone of maatskaplike werker gehad nie en moes sy dus baie van albei poste se rolle vertolk.

Nie net het my ma die vermoë gehad om die skrikkerige verpleegsters, versorgers en skoonmaakpersoneel moed in te praat nie, maar sy het ook stelsels ingestel om hulle te beskerm en die oordrag van die virus tussen inwoners en personeel sover moontlik te verhoed.

Teen die tyd dat die inperking afgekondig is, was hulle meer gereed as enige van die ander ouetehuise in die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie-groep en was hulle 'n voorbeeld vir ander.

In die tydperk was my ma meer by die ouetehuis as by die huis en waar die finansiesafdeling en ander kantoorpersoneel van hul huis af gewerk het, moes my ma steeds die rolle van bestuurder, matrone (in slegs nie-mediese opsigte) en maatskaplike werker vertolk. My ma het uit haar pad gegaan om Moeders- en Vadersdag vir die inwoners spesiaal te maak. Sy het selfs vir hulle flieks gewys wat herinneringe van hul kinderdae opgeroep het, of net aan hulle genot verskaf het omdat dit oulik of snaaks was.

My ma het self twee maande terug die virus opgedoen en is tot 'n verpligte stilstand gedwing.

Eers vier en 'n half maande nadat die inperking begin het, is daar 'n matrone en maatskaplike werker aangestel. Ook net betyds, want selfs met alles in plek het die virus die ouetehuis binnegedring. My ma en haar span het dit so goed moontlik hanteer, maar soos ons reeds weet, is ouer mense en mense met onderliggende siektes in doodsgevaar. Daar is ongelukkig 'n paar van die inwoners oorlede.

Selfs deur hierdie slegte tye het my ma die inwoners en personeel se gesondheid en welstand voorop gestel. Haar deur was altyd oop en sy was meer tussen die inwoners besig om hulle te ondersteun en probleme uit te sorteer in haar persoonlike beskermende klere as in haar kantoor.

My ma het self twee maande terug die virus opgedoen en is tot 'n verpligte stilstand gedwing. Sy moes vir ongeveer twee weke selfisoleer, maar het steeds (al het ons besware daaroor gehad) oortyd gewerk van die huis af.

Waar ons nou op vlak 1 is, is dinge stadig maar seker weer besig om na normaal terug te keer. Die hardwerkende personeel en deurdrukker-inwoners verdien beslis applous. Veral my ma. My ma is my "lockdown"-legende, want hoe kan sy nie wees nie?

  • Nika Pelser studeer BA Tale aan die Universiteit van Pretoria.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing vir 'n kompetisie waar Die Student vir studente gevra het om 'n meningstuk oor 'n lockdown-legende te skryf. Die wenner stap weg met R5000.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Nika Pelser, Universiteit Van Pretoria

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM