Die Student

Te oud om te studeer? Nee man, vat die kans!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Blanche Adendorf Foto: Verskaf
Blanche Adendorf Foto: Verskaf

Ek is bang om alles op te gee. Wat as dit nie uitwerk nie? Tog wonder ek dikwels hoe dinge sou uitdraai as ek tog net die besluit geneem en ingespring het.

Só gaan dit wanneer 'n mens belangrike besluite in die lewe moet neem. Ons is mens en weet nie wat môre inhou nie. Dus maak ons vandag besluite wat ons dink môre gaan baat.

Ek het ingespring en op die rype ouderdom van 28 begin studeer. Die voordele om op 'n ouer ouderdom te gaan studeer is legio. Jy is meer gefokus, jy weet presies wat jy wil hê, jy het nie tyd om te morsnie.

Jy kan beter nadink oor die pro's en cons. Jy is meer volwasse en is instaat om beter besluite te neem. En om op 'n ouer ouderdom te studeer, kan jyjou lewenslesse en vaardighede en mense kennis toepas.

Toe ek op skool was, het dinge vorentoe maklik gelyk. Ná matriek gaan jy universiteit toe en kry dan werk wat baie geld inbring.

Die waarheid is, as jong mens weet ons nog nie wat ons met ons lewe wil maak nie. Ons raadpleeg graag ons ouers en voogde, maar hulle kan net raad gee deur die lens van hul eie persepsies en ervaringe.

Ja, hulle weet wat goed is, maar die besluit lê uiteindelik by ons. Hoe weet ons dan wat vir ons belangrik is en wat ons eintlik gelukkig maak? Hierdie vrae is moeilik om te beantwoord wanneer ons so jonk is, want ons lewenservaringe is maar beperk.

Wanneer moeilike besluite ons in die gesig staar, moet ons nadink oor hoe dit ons persoonlik raak. Ons moet dus die volgende vrae vra:

• Wat is my waardes?

• Wat kom vir my natuurlik?

• Wat doen ek vandag wat my op lang termyn gaan baat?

Om hierdie vrae te beantwoord moet ons diep binne onsself kyk. Dan sal ons rigting kry vir die pad vorentoe.

Dit het my tien jaar geneem om daardie vrae te beantwoord. Net ná matriek het ek nie geweet wat om te doen nie en het besluit om te gaan werk. Die ondervinding wat ek opgedoen het, het gestrek van administrasie tot gasvryheid en assistentonderwyseres.

Hoe is dit voordelig op my pad vorentoe?

Al kan ek dit nie nou insien nie, het elke stukkie ervaring die pad vorentoe plavei.

Ek kon vasstel wat vir my belangrik is en waaraan ek waarde heg en ook hoe my waardes in lyn is met wat ek doen.

Ek het ook besef wat my hart gelukkig maak.

My prentjie vir eendag het duideliker begin word.

Die dag toe ek konfronteer word om alles op te gee en heeltyds my graad te verwerf, was die besluit maklik om te neem.

Die angs, twyfel, die miljoene "wat asse" en die "ek is nou te oud om te studeer", is dadelik uitgekanselleer. Die besluit was maklik, want ek het geweet wat my waardes is, wat my gelukkig maak en wat ek daagliks moet doen om my droom te bereik.

Vandag is ek gelukkiger as ooit, want ek doen wat vir my natuurlik kom.

  • Blanche (28) studeer BA Sielkunde Afrikaans en Sosiologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland en bly in die Paarl.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Blanche Adendorf, Universiteit Van Weskaapland

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM