Die Student

Versugting van ’n student uit ’n donker kamer

Beste minister Blade Nzimande, ek skryf die brief met diep teleurstelling in my hart. Ek is ontsteld en ek glo duisende ander studente voel dieselfde.

Ek sug en sug nogmaals terwyl ek in 'n donker kamer sit en skryf aan hierdie stuk. Daar is net 'n enkele stukkie lig van die paraffienlamp wat op my bedkassie staan wat die vertrek belig. Ek wens ek kon sê dit is die laaste stukkie lig van hoop wat vir ons lê en loer in die donker land - alles het ewe skielik net te donker geword.

In die tyd van Covid-19 en die nasionale staat van inperking soos deur u en die res van pres. Cyril Ramaphosa se kabinet ingestel, is ons gedwing om in die laaste week van Maart ons sakke te pak, ons koshuise te ontruim en terug te keer na ons huise.

Nou ja toe, beslis vir ons eie veiligheid en daarvoor het 'n mens en veral 'n student baie begrip, want dis mos nou pure logika. Hoewel ons jul "nuwe strategie" wel nie met ope arms verwelkom het nie, het ons dit beskou as 'n nuwe uitdaging wat ons bereid was om aan te pak.

Veral ons as eerstejaars. Ons het so uitgesien na hierdie jaar en alles wat die kampus en die kampus-gemeenskap vir ons kon bied. Ons hele ervaring is daarmee heen.

Ons sal ongelukkig nooit weet oor hoe dit voel om werklik 'n eerstejaarstudent te wees nie. Dit voel soos een groot vakansie by die huis met 'n rekenaar op jou skoot, terwyl jy daagliks virtueel na jou dosent se gesig moet kyk, take tik soos 'n mal haas en dit weer op 'n droë cloud gooi en instuur vir punte. Praat van 'n vervelige en ongewenste vakansie. Dit voel net te weird, maar in elk geval - dis nou nie u skuld nie.

Ek moet tog ook net noem die departement het beslis hul bes probeer om almal in hierdie tye te akkommodeer om seker te maak dat hulle die akademiese jaar slaag. Die aanskaf van skootrekenaars en gratis data is beslis 'n verligting vir baie studente. Ek hoop net dit realiseer soos u belowe in u toesprake.

Om nie eens te praat van hoe swak die netwerk is nadat die elektrisiteit afgegaan het nie. Hier gebeur letterlik niks nie. Ek moet wag totdat die krag weer aangaan voordat my netwerk weer werk.

Ek kan ongelukkig nie daarvan getuig nie, omdat net studente wat betrokke is by die NSFAS-stelsel daarvan sal weet. Ek hoop egter u beloftes word uitgevoer.

Genoeg oor die enkele liggie (positiewe opmerkings) wat hier in my kamer skyn.

Ek wil eintlik met u gesels oor die geweldige duisternis (my kommer) wat in my kamer heers.

As minister van hoër onderwys is u darem baie stil sedert die return van die "almagtige" Eskom en sy beurtkrag-speletjies? Is u nie veronderstel om namens ons te baklei teen Eskom nie? Is dit regtig so 'n moeilike saak? Hoe verwag u moet ons in die donkerte regkom wanneer die krag saans afgaan?

Om nie eens te praat van hoe swak die netwerk is nadat die elektrisiteit afgegaan het nie. Hier gebeur letterlik niks nie. Ek moet wag totdat die krag weer aangaan voordat my netwerk weer werk. Die feit dat die elektrisiteit twee keer per dag by ons afgaan, is verregaande en dit beteken dat ek vyf ure van my dag verloor aan die hand van 'n staatsentiteit wat veronderstel is om reg te funksioneer.

Die flou paraffienlamp en die wag totdat die elektrisiteit weer aangaan om aan die internet te kan konnekteer, werk beslis nie. Dit wys sommer ook hoe onvoorbereid ons as 'n land vir die vierde industriële revolusie is.

My gemoed is swaar, want daar is so baie wat ek in vyf ure kan doen. Wat sou u nie in vyf ure doen nie? Maar ek is seker dit pla u nie, want u salaris is groot genoeg om 'n kragopwekker aan te skaf, nè?

Ek dog daar is nuwe leierskap aan die stuur van Eskom wat uiteindelik die maatskappy sou regruk, maar 'n mens moet seker nie verbaas wees nie.

Die manier hoe dinge rof en vol stof staan in ons staatsdiens, is kommerwekkend en eintlik absurd. Daar is nie meer woorde om die gemors te beskryf nie. Of pres. Ramaphosa werklik in staat is om die staat ná die Covid-19-ramp van die ANC se lang vingers en die sogenaamde tenderpreneurs te red, weet die vader alleen. Tyd sal seker leer.

Ek hoop van harte dat u u stilte sal verbreek en ons sal verteenwoordig soos u veronderstel is om te doen.

Die flou paraffienlamp en die wag totdat die elektrisiteit weer aangaan om aan die internet te kan konnekteer, werk beslis nie. Dit wys sommer ook hoe onvoorbereid ons as 'n land vir die vierde industriële revolusie is.

Wat 'n verskriklike jammerte.

Groete vanuit 'n pikdonker kamer

William

  • William Sezoe studeer onderwys aan die Universiteit Stellenbosch.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

William Sezoe, Universiteit Stellenbosch

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM