Vir Ma: Laat twyfelstemme stil word

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ek weet jy twyfel soms in al jou besluite.

Ek weet die pad waarop jy my dra maak jou seer.

Ek weet die dorings en slaggate vertel stories

wat 'n mens laat wonder wat op 'n pad gebeur.

Maar Mamma onthou wie ons pad beplan,

want Hy is groter as die draaie in die dra.

Onthou hoekom ons op die pad geplaas is . . .

dat ons 'n God dien wat antwoord as ons vra.

Hy plaas sy drome in elkeen van ons se hart.

Ons begeertes word net goed soos Hy ons lei.

Op hierdie Moedersdag is my grootste wens

dat al die stemme in Ma wat twyfel stil sal bly.

Irene de Klerk
Irene de Klerk
  • Irene de Klerk is tans besig met haar eerstejaar by die Charis Bible College.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video!

Irene De Klerk

SPELETJIES VANDAG

CTA