Die nuwe skooljaar is goed op dreef en e-Beeldskool is slaggereed om leerlinge se vakkennis in die gerief van hul eie huis te verbeter.
"Gr. 11- en gr. 12-leerlinge kan nou op ebeeldskool.co.za registreer vir vanjaar se wiskunde en fisiese wetenskappe se deurlopende aanlyn klasse, en gr. 8- tot gr. 10-leerlinge vir wiskunde," sê Elize Engelbrecht, hoof van e-Beeldskool.
Die klasse begin die week van 13 Februarie en duur tot September.
Skakels na video-opnames van die klasse word aan leerlinge verskaf.
"As iemand nie kan inskakel nie of deur beurtkrag gekortwiek word, kan hulle later kyk," sê Engelbrecht.
"Ons bied ook drie aanlyn vakansieskole vir gr. 11- en gr. 12-leerlinge aan - van 23 tot 31 Maart, 24 Junie tot 11 Julie en 1 tot 7 Oktober.
"Daar is ook klasse vir Engelssprekende gr. 11- en gr. 12-leerlinge," sê sy.
Volgens Engelbrecht word die metakognitiewe kursus vir gr. 12-leerlinge (wat verrykend is vir wiskunde en ook help met The National Benchmark Tests) op 25 en 26 Maart en op 14 en 15 Julie aangebied.
"Daar is ouers wat sê hul kinders se punte in wiskunde het met meer as 20%verbeter met verlede jaar se klasse," sê Engelbrecht.
- Vir meer inligting oor e-Beeldskool se klasse, kursusse, vakansieskole, asook koerante vir klasgebruik, besoek ebeeldskool.co.za. Navrae kan per e-pos gestuur word na skool@ebeeldskool.co.za of stuur 'n boodskap (SMS of WhatsApp) na 083 380 1800.





















