Matrieks

Beweerde eksamen-kullery in KZN veroordeel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die departement van onderwys in KwaZulu-Natal het die beweerde kullery in die matriekeksamen by een van sy skole wat die beste presteer, ten sterkste veroordeel.

Dié voorval is glo Dinsdag by die Phendukani Full Service School in Madadeni, Newcastle, aangemeld en na die polisie vir ondersoek verwys.

In 'n verklaring die aand het die departement aangedui dat iemand glo namens 'n deeltydse leerling die eksamen afgelê het. Die opsiener het dit besef.

Mbali Frazer, LUR vir onderwys, sê die departement wil die publiek gerusstel dat opsieners opgelei is en onreëlmatighede tydens die matriekeksamen sal raaksien.

"Ons veroordeel die beweerde onreëlmatigheid tydens die eksamens ten sterkste. As 'n provinsie het ons baie hard gewerk om ons leerlinge vir die eksamen voor te berei en verwag dat dit sonder onreëlmatighede verloop, soos uiteengesit in die eed wat alle leerlinge in die land aflê."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM