Matrieks

‘Bokke maak ons trots, nou matrieks se beurt’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Matrieks van Hoërskool Tygerberg  in Kaapstad het, soos matrieks vanoor die land heen, vanoggend aangesit vir die eerste eksamenvraestel van die 2023-eindeksamen. Foto: Jaco Marais
Matrieks van Hoërskool Tygerberg in Kaapstad het, soos matrieks vanoor die land heen, vanoggend aangesit vir die eerste eksamenvraestel van die 2023-eindeksamen. Foto: Jaco Marais

Die Bokke het ons oor die naweek trots gemaak, nou is dit jul beurt.

Dit was Maandagoggend Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se woorde aan matrieks op die eerste dag van die eindeksamen.

Motshekga het die Rhodesfield School of Specialisation in Kempton Park in Ekurhuleni besoek.

"Dankie dat julle besluit het om jul skoolloopbaan te voltooi. Dis 'n belangrike eksamen wat vir die res van jul lewe iets gaan beteken," sê Motshekga.

Meer as 717 377 heeltydse kandidate is geregistreer om vanjaar die eindeksamen af te lê.

Matrieks skryf vandag Engels huistaal, eerste addisionele taal of tweede addisionele taal.

Motshekga sê sy hoop nie daar is matrieks wat gaan wegbly weens gerugte dat vandag 'n openbare vakansiedag is nie.

"Ons het nooit gesê daar is 'n vakansiedag nie. Ons het nog altyd net gesê dis 'n moontlikheid," sê sy.

Motshekga sê die nodige maatreëls is in plek om te verseker die eindeksamen verloop vlot.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, saam met Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: Breyten Cupido
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, saam met Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: Breyten Cupido

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM