Daar was groot opgewondenheid onder matrieks wat vandag hul uitslae by skole afgehaal het.
2024-01-19 15:06:48Sheliza de Wet (18) van die Hoërskool Menlopark is die topmatrikulant in Gauteng. Foto: Inge du Plessis

2024-01-19 14:25:102024-01-19 14:06:352024-01-19 13:59:172024-01-19 13:41:29Die 2023-matriekklas van die Hoërskool Lutzville.

2024-01-19 13:40:51Die Hoërskool Lutzville se hart loop oor van blydskap met ’n 100%-slaagsyfer wat hy vir 23 jaar lank behou. Anja Engelbrecht (18) en Sabina Schlettwein (18), die twee A-kandidate, glimlag breed vir die kamera met hul uitslae in die hand.

2024-01-19 13:40:10Zintle Duki (18) (links) van die Hoërskool George en haar 2023-matriekmaats, Kaythlone Pedro (18), Simone Koeries (18) en Leandre Boom (18), wys hoe ingenome hulle met hul matriekuitslae is. “Ons is meer as tevrede,” sê die vier. Foto: Jackie Kruger

2024-01-19 13:39:48Stephan Strydom (18) van Hoërskool Stellenberg het agt onderskeidings gekry. Stephan sê hy het al vanaf gr.2 begin om die klavier te speel. Hy het tans graad 7 klavier (graad 8 is die hoogste) en speel ook die tromboon en die marimba. Stephan glo ht het sy musiektalent van sy ma geërf, wat ook klavier op skool gedoen het. Hy is reeds gekies as deel van die basgroep van die Universiteit Stellenbosch (US) se koor. Stephan gaan megatroniese ingenieurswese aan die US swot. Hy sê die matrieks van vanjaar moet “alle geleenthede aangryp” wat oor hul pad kom. “Onthou, dit is jou laaste jaar op skool. Maak die mense daarvan.” Foto: Carl Thomas

2024-01-19 13:26:12Dian Rossouw (18) van die Hoërskool Stellenberg het 96% vir Inligtingstegnologie en gevorderde wiskunde losgeslaan. Hy gaan vanjaar datawetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) swot. Dian sê hy doen gevorderde wiskunde al sedert gr. 2. “Dit is my passie.” Vir die matrieks van vanjaar sê hy: “Onthou, Rome is nie in ’n dag gebou nie. Moet nooit opgee nie. As jy aanhou en vasbyt, sal jy dit maak.” Foto: Carl Thomas

2024-01-19 13:25:27
Stephanie verbaas dat sy 1ste staan
By die Hoërskool D.F. Malherbe in Gqeberha was Stephanie Barnard (18) die top-matrikulant van 2023 met ’n gemiddeld van 89%.
Volgens haar was verlede jaar se wedywering tussen die skool se topdrie-leerlinge – Stephanie, Kelly Mathiesen en Jenna Oliver – gewoonlik ’n kop-aan-kop-affêre, en het sy nie verwag om eerste te staan nie.
Sy het Donderdagaand maar min geslaap in afwagting op die punte. Sy was Vrydag wel verlig om te sien dat sy vir haar gunstelingvakke, wiskunde en fisiese wetenskappe, onderskeidelik 94% en 90% behaal het. Sy gaan vanjaar aan die Universiteit van Johannesburg studeer om 'n chiropraktisyn te word.
Intussen het Penny Vosloo (foto), skoolhoof, gesê die skool het ’n 97%-slaagkoers, wat ’n verbetering op die vorige jaar se matriekklas is. Die skool spog ook met 94 vak-onderskeidings.
Volgens Vosloo is vanjaar se matriekklas reeds hard aan die werk en word daar gemik om ’n 100%-slaagkoers te behaal. - Cara-Lee Dorfling
Penny Vosloo, skoolhoof. Foto: Lulama Zenzile

2024-01-19 13:22:49Nina Adlem (18) van Eversdal, wat haar matriek aan die Hoërskool Stellenberg in Bellville voltooi het, het sewe onderskeidings losgeslaan. Sy het die beste in kuns gevaar en het vir haar finale projek met steenkool geëksperimenteer. Nina, wat verlede jaar ook haar skool se voorsitter was, gaan vanjaar medies op die Universiteit Stellenbosch (US) se Tygerberg-kampus swot. Haar raad aan vanjaar se matrieks is: “Moenie dink jy staan voor Goliat nie. Glo in jouself en moet nooit jou vermoëns onderskat nie.” Foto: Carl Thomas

2024-01-19 13:21:17Anya Botev (18) van die Hoërskool Stellenberg het ses onderskeidings losgeslaan. Haar hoogste punt was 90% vir musiek. Sy was vanjaar ondervoorsitter van die Hoërskool Stellenberg. Anya gaan vanjaar LLB by die Noordwes-Universiteit swot. Sy wil haar graad eendag gebruik om ’n verskil in die wêreld te maak. Foto: Carl Thomas

2024-01-19 13:20:34Ilitha Marawu (19) en Mihlali Mgadeni (19) het pas hul matriekuitslae by die Hoërskool Seepunt gaan haal. Hulle is angstig om dit oop te maak. Foto: Stefani Terblanche

2024-01-19 13:14:10Hoër Meisieskool La Rochelle in Paarl spog met 100% slaagsyfer vir die 27ste jaar. Frankie Montgomery (18) het 92,29% gekry en gaan vanjaar BCom in internasionale besigheid aan die Universiteit Stellenbosch studeer.

2024-01-19 13:13:52Iris Saunders (18) van die Hoër Meisieskool La Rochelle is die dux-leerling met 94,43% en gaan medies studeer aan die Universiteit Stellenbosch.

2024-01-19 13:13:33Liana Human (18) van die Hoër Meisieskool La Rochelle het 90,29% gemiddeld en sluit ook aan by die Universiteit Stellenbosch om Bedryfsingenieurswese te studeer.

2024-01-19 13:10:12
Opskud met Bela, sê premier aan Cyril
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) te bekragtig.
“Ons wil hê vroeëkinderjare-ontwikkeling moet verpligtend wees,” sê hy.
Hy meen ook geen kind moet daarvan weerhou word om onderrig te ontvang weens ’n ouer se finansiële status nie. “Geen kind moet nié in ’n klaskamer wees nie.”
Lesufi sê Gauteng is reg om enigiemand aan te vat wat die wetsontwerp in die hof wil toets.
Hy meen diegene wat die Bela-wetsontwerp teenstaan, doen dit “selfsugtig gegrond op taal”.
Hy meen alle leerlinge moet in die taal van hul keuse kan skoolgaan en dat niks leerlinge moet verhoed om verskillende tale in een skool te praat nie.
“(Die leerlinge) in een klas kan Afrikaans praat, in ’n ander klas Xhosa en dan saam gaan rugby speel,” het Lesufi opgewek gesê. – Inge du Plessis
2024-01-19 13:09:18Khanyo Ntshewula (19) van Hoërskool Seepunt, is só gestres oor haar uitslae dat sy dit nog nie oopgemaak het nie. Sy beplan om vanjaar Ekonomie by Northlink College te studeer. Foto: Stefani Terblanche

2024-01-19 13:05:28Jenay Boshoff (18) van die Hoërskool Outeniqua in George (links) saam met haar ma, Ejustley Boshoff, en haar vriendin van laerskooldae af, Debauche Jansen (18), en háár ma, Hershelle Willemse, toe hulle hul matriemuitslae ontvang het. Jenay se kop staan onderwys se kant toe en sy sê die eindeksamen "was eintlik maklik". Foto: Jackie Kruger

2024-01-19 13:01:18Matrieks van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch wat verlede jaar se matriekeindeksamen met 98,8% geslaag het, is van links Norman Celliers, Nicholas Kendrick, Johan van der Merwe, Jean de Klerk, Jo van Rooyen (die skool se toppresteerder op die skouers), Markus van Aswegen, Daniel Greeff, Kyler Tennant en Daniel Sutherland. Foto: Jaco Marais

2024-01-19 12:51:48Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het aan Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê dat hy nie tevrede is met die provinsie se 85,4%-slaagsyfer nie. “Jou prestasiekontrak praat van ’n 90%-slaagsyfer, nie 85% nie,” het Lesufi Vrydagoggend gesê. As die premier die prestasie ’n punt uit tien moes gee, sou dit drie wees. Lesufi het daarom beloof om ’n prestasiebonus toe te staan aan al die direkteurs-generaal van distrikte in Johannesburg wat wel ’n 90%-slaagsyfer behaal het. Die Johannesburg-Wes-distrik het die beste in die land gevaar met ’n slaagsyfer van 92,5%, terwyl die Tshwane-Suid-distrik derde landwyd was met ’n 90,4%-slaagsyfer. Foto: Inge du Plessis

2024-01-19 12:51:21Die Hoërskool Robertson se matrikulante het ’n goeie 2023- akademiese jaar agter die rug en spog met sy drie topleerlinge. Anja Swart (18) neem die eerste plek in met 91,14%. Foto: Verskaf

2024-01-19 12:51:09Luan Willemse neem die tweede plek in by die Hoërskool Robertson met 87,29%. Foto: Verskaf

2024-01-19 12:50:51Petrie van Dyk neem die derde plek in by die Hoërskool Robertson met 86%. Foto: Verskaf

2024-01-19 12:48:51Links is Misha Kruger (18), die Hoërskool Outeniqua in George se top-matriekpresteerder vir 2023, wat agt onderskeidings en 'n gemiddeld van 93,4% behaal het. Haar vriendinne, Louisa Campher (18, middel) en Surike Botha (18) weens haar geluk. Foto: Jackie Kruger

2024-01-19 12:37:19Michelle Coetzee (18) en Emma Badenhorst (18) van die Hoërskool Durbanville is albei baie tevrede met hul matriekuitslae. Foto: Rista Terblanche

2024-01-19 12:30:46Die topdrie van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad is van links Stefan Turkstra, Jenna Kohler en Adrian Huysamen. Stefan se punte was beter as wat hy verwag het. Hy is derde in die graad met 'n gemiddeld van 92,14% en het die beste punte in inligtingstegnologie en Engels in sy skool behaal en deel 97% vir wiskunde met verskeie ander leerlinge. Hy gaan vanjaar rekenaarwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch studeer en sal in die koshuis Majuba bly. Jenna is die top-kandidaat en het 'n gemiddeld van 93,86% behaal. Sy gaan vanjaar medies aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Adrian was geskok toe hy hoor dat hy 100% in ekonomie behaal het. "Veral ná daardie langvraag, sjoe!" Hy was tweede in die graad en het boonop 99% in inligtingstegnologie, 95% in fisiese wetenskappe én 97% in wiskunde behaal. Hy gaan vanjaar siviele ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Foto: Stefani Terblanche

2024-01-19 12:27:312024-01-19 12:27:02
LUR help vier Khayelitsha-leerders se prestasies
David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het Vrydagoggend die Sentrum van Wetenskap en Tegnologie (Cosat) in Khayelitsha, Kaapstad besoek om die matriekklas van 2023 se prestasies te vier. Dié instelling se slaagsyfer vir 2023 het verbeter van 92,5% tot 99%, en 61,2% van die matrieks het vrystelling ontvang.
Die slaagsyfer vir wiskunde is 99% en 91,3% vir fisiese wetenskappe. Die skool spog ook met 107 onderskeidings, waarvan tien vir wiskunde (insluitend drie met 90% vir wiskunde) en vier vir fisiese wetenskappe behaal is.
“Ons sukses is gebou op 'n kultuur van harde werk, lang skooldae, twee verslae per termyn en 'n verskeidenheid van naskoolse aktiwiteite, soos robotika, STEM-klub, debatte, musiek en sport," sê Tiro Motaung, die skoolhoof, in 'n verklaring.
Volgens hom het die skool se leuse "geen verskonings, net sukses" ook baie met hul prestasies te doen. – Carrington Swarts
2024-01-19 12:12:31Janica Nieuwoudt (18) was tranerig van geluk toe sy haar matriekuitslae by die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad gaan afhaal het. Haar pa, Jerold, sê: “Daar is geen woorde nie, maar ek is bly. Ek is so trots op haar, sy het baie hard geleer.” Janica gaan vanjaar maatskaplike werk by die Universiteit van Kaapstad studeer. Foto: Stefani Terblanche

2024-01-19 12:08:05
IEB se slaagsyfer te hoog – Chiloane
Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, sê hy wil nie die kredietwaardigheid van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) betwyfel nie, maar meen die slaagsyfer van 98,46% is te hoog.
Hy het Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, se uitlating dat die IEB-eksamen geskrap moet word, beaam.
“Ons is een nasie en moet een eksamen skryf,” sê hy.
Volgens Chiloane moet alle matrikulante die IEB-eksamen aflê as dit dan die beste is en as die nasionale seniorsertifikaat (NSS)-eksamen die beste is, dan moet almal dit skryf.
“Die slaagsyfer van die NSS-eksamen dui daarop dat dit uitdagend is,” meen Chiloane. – Inge du Plessis
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng. Foto: Anja van der Merwe

2024-01-19 12:03:482024-01-19 12:00:49Anika Wolmarans (18), wat verlede jaar die Hoërskool DF Malan in Bellville se hoofmeisie was, is as die skool se top-matrikulant aangewys. Sy het onderskeidings in al sewe haar vakke behaal. Haar hoogste punt is 97% vir geskiedenis. Anika gaan vanjaar medies aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Tygerberg-kampus studeer. “Matriek is 'n baie besige jaar. Onthou om ook tyd vir jouself te maak,” is haar raad aan vanjaar se matrieks. Foto: Carl Thomas

2024-01-19 11:52:08Noah Love (19) van die Hoërskool D.F. Malan sê hy is ook tevrede met sy punte. Noah, wat in Bellville bly, gaan vanjaar ’n oorbruggingsjaar neem en vir ’n konstruksiemaatskappy werk. Hy hoop om deur die maatskappy ’n beurs los te slaan vir volgende jaar om siviele ingenieurswese te gaan swot. Foto: Carl Thomas

2024-01-19 11:49:43Lilitha Calata (18), wat Vrydag haar matriekuitslae by die Hoërskool DF Malan in Bellville ontvang het, sê hoewel sy “beter verwag het", is sy tevrede met haar punte. “Ek is baie trots op ons matriekgroep. Dit het nog nie ingesink dat ek nou klaar is met skool nie, maar ek sien uit na dit wat die lewe inhou." Sy wag nog om van 'n paar universiteite oor haar toelating te hoor. Sy wil graag 'n prokureur word. Foto: Carl Thomas

2024-01-19 11:47:11Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, sê die toekoms van die land se onderwysstelsel kan net in Gauteng gesien word. “Ander provinsies is trots, maar hulle bied net een huistaal aan,” het hy skertsend gesê. Gauteng bied al 12 amptelike tale as huistaal-vakke vir matrikulante aan, asook verskeie ander tale as vakke. Die Gautengse onderwysdepartement vereer Vrydagoggend die topmatrikulante van die provinsie by die Microsoft-kantore in Sandton. Foto: Inge du Plessis

2024-01-19 11:36:56Kamohelo Mosikili (18) van die Selelekela Secondary School in Phuthaditjhaba en Lara Potgieter (19) van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein is onderskeidelik nr. 1 en nr. 2 in die Vrystaat. Foto: Mlungisi Louw

2024-01-19 11:31:12Lara Potgieter (19) van die Hoër Meisieskool Oranje is die naasbeste leerling in die Vrystaat. Foto: Mlungisi Louw

2024-01-19 11:29:22
Zahraa wil belangstelling in kunste nastreef
Zahraa Sayed (19) van die Hoërskool Andrew Rabie in Gqeberha het ’n onderskeiding in visuele kunste behaal. Hoewel sy nog nie vaste planne vir die jaar het nie, meen sy dié punt is ’n teken dat sy haar belangstelling in die kunste moet nastreef.Sy sal graag eendag deel wil wees van die grafiese ontwerp van karakters vir videospeletjies.Die Hoërskool Andrew Rabie se slaagsyfer vir die 2023-matriekklas is 94%. Die skool is ook agtste in die Nelson Mandelabaai-metro vir die beste punte vir lewenswetenskappe.Antonette Britz, ’n juffrou van die skool, het Vrydag gesê hulle is trots en verlig oor die matrikulante se punte.
Zahraa Sayed Foto: Lulama Zenzile

2024-01-19 11:15:59Kamohelo Mosikili (18) van die Selelekela Secondary School in Phuthaditjhaba is die top-leerling in die Vrystaat. Het het in vier vakke, naamlik wiskunde, fisiese wetenskappe, geografie en lewensoriëntering, 100% behaal. Foto: Mlungisi Louw

2024-01-19 11:14:14Cole van der Westhuizen van die Hoërskool Andrew Rabie in Gqeberha het Vrydag breed geglimlag van verligting. Hy sê hy het nie meer naels oor van die stres oor sy punte nie. Hy het in al sy vakke beter gevaar as wat hy verwag het en sien uit daarna om hom vanjaar vir 'n meganiese ambag-kursus in te skryf. Foto: Lulama Zenzile

2024-01-19 11:11:37
Nthabiseng blink uit in Limpopo
Nthabiseng Lefophana (18) van die Bokamoso Secondary School buite Polokwane is Limpopo se top-matriekpresteerder. Mavhungu Lerule- Ramakhanya, LUR vir onderwys in Limpopo, het haar Vrydag vir haar harde werk geloof. Die jaarlikse geleentheid waar matrieks se prestasies gevier word, is weer by The Ranch buite Polokwane gehou. Limpopo is die provinsie met die grootste verbetering (7,4%) in die 2023-matriekeindeksamen. Die slaagsyfer is 79,5% teenoor 2022 se 72%. – Marietie Louw-Carstens

2024-01-19 11:09:56
Wian tops in Noordwes
Wian Landman van Potchefstroom Gimnasium is Noordwes se toppresteerder. Hy het ses onderskeidings behaal. Wian het in sy matriekjaar vir geen vak minder as 95% behaal nie, en 100% vir wiskunde gekry. Sy uitslae vir die finale eksamen kon nie dadelik bekom word nie.
Noordwes se matriekklas van 2023 het altesame 7 067 onderskeidings behaal. Die provinsie het vierde beste landwyd gevaar met ’n slaagsyfer van 81,63%. Dis een posisie hoër as verlede jaar se vyfde plek. – Susan Cilliers

2024-01-19 11:09:56
Wian tops in Noordwes
Wian Landman van Potchefstroom Gimnasium is Noordwes se toppresteerder. Hy het ses onderskeidings behaal. Wian het in sy matriekjaar vir geen vak minder as 95% behaal nie, en 100% vir wiskunde gekry. Sy uitslae vir die finale eksamen kon nie dadelik bekom word nie.
Noordwes se matriekklas van 2023 het altesame 7 067 onderskeidings behaal. Die provinsie het vierde beste landwyd gevaar met ’n slaagsyfer van 81,63%. Dis een posisie hoër as verlede jaar se vyfde plek. – Susan Cilliers

2024-01-19 10:50:13Die Hoërskool Framesby in Gqeberha het n slaagsyfer van 97%. Chris van Niekerk, adjunkhoof, wens van die top-matrikulante geluk met hul uitstekende punte. Van links na regs staan Chanelle Steyn, Divan Bester en Elanca van Jaarsveld. Voor sit Ilze van Jaarsveld. Die skool het minstens agt matrikulante wat elk sewe onderskeidings behaal het. Dié skool se duxleerling, Heila Oosthuizen, was Vrydag nie by die skool nie, maar wel in Oos-Londen waar Fundile Gade, Oos-Kaapse LUR vir onderwys, later die dag die provinsie se toppresteerders sal aankondig. Foto: Cara-Lee Dorfling

2024-01-19 10:38:10Leerlinge van die Hoërskool Parel-Vallei in Somerset-Wes vier hul uitslae saam met die skool se gelukbringers. Agter, van links: Landi du Plessis, Chloë Dippenaar, Jéan Durand, Abigayle de Kock, Liam Dickson. Voor, van links: Jani Kotzé, Juanita Nieman, Tristan Lessingh, Skye Eckstein, Dalene Meyer en Dehanté van der Bank. Foto: Verskaf

2024-01-19 10:37:37Mxolisi Dukwana, Vrystaatse premier, is nou aan die woord op die provinsie se gelukwensingsgeselligheid vir topmatrieks by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein. Dukwana het ook aan die ontslape Tate Makgoe, voormalige Vrystaatse LUR vir onderwys, hulde gebring. Makgoe is verlede jaar in ’n motorongeluk dood. Foto: Marita Herselman

2024-01-19 10:37:16
Swak gr. 10-uitslae hoef nie kommer te wek
Makalo Mohale, LUR van onderwys in die Vrystaat, sê daar hoef geen kommer te wees oor die swak gr. 10-uitslae in die 2023-eindeksamen nie.
Hy het by die matrieks se gelukwensingsgeselligheid vir die provinsie se top-matrieks gevra hoekom mense bekommerd is as vanjaar se matrieks ook ten spyte van die Covid-19-pandemie goed gevaar het.
Die Vrystaat het in die 2023-matriekeindeksamen weer die beste slaagsyfer vir matrieks in die land behaal.
Hy meen die berigte wat daaroor geskryf is, is bedoel om “paniek te saai".
"Mense vergeet egter dat die matriekleerlinge wat vandag hier sit, was in gr. 9 toe die pandemie uitgebreek het.
“Ons is nou al 'n paar maande verder, so daar is niks om oor bekommerd te wees nie. Die mans en vroue van die departement (van onderwys) is besig om die situasie uit te sorteer,” sê Mohale.
Netwerk24 het vroeër berig dit het dié week bekend geword dat 37,2% van 2023 se gr. 10's in die Vrystaat nie die graad deurgekom het nie. Ook 25,9% van die jaar se gr. 8's het hul jaar gedruip. – Linkie Bessinger
2024-01-19 10:18:03Makalo Mohale, Vrystaatse LUR vir onderwys, lewer Vrydag sy toespraak op die provinsie se gelukwensingsgeselligheid vir sy topmatrieks by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein. Foto: Marita Herselman

2024-01-19 10:17:47Die topmatrieks in die Vrystaat op die provinsie se gelukwensingsgeselligheid by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein. Foto: Marita Herselman

2024-01-19 10:17:32Van die Vrystaat se topleerlinge Vrydag saam met amptenare van die provinsiale regering, onder wie Mxolisi Dukwana, premier, en Makalo Mohale, LUR vir onderwys, albei voor in die middel. Hulle woon die provinsie se gelukwensingsgeselligheid by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein by. Foto: Marita Herselman

2024-01-19 09:21:57Die Hoërskool Zwartkop in Centurion se oudleerlinge Divan Nel, Lourens Nel (hoofseun in 2023), AJ Richardt en Luan Wakeford (onderhoofseun in 2023), nadat hulle hul matriekuitslae gekry het. Foto: Seugnet van Zyl

2024-01-19 09:18:24Tomas Wissekerke skud die hand van Gerhard Nell, adjunkhoof van akademie by die Hoërskool Zwartkop in Centurion, nadat hy sy matriekuitslae by die skool afgehaal het. Links staan Erik Pretorius, die graadhoof. Foto: Seugnet van Zyl

2024-01-19 09:18:02Minette de Souza Allegria, hoofmeisie van die Hoërskool Zwartkop in Centurion, saam met Clerise Booyens, Mieke Beyers en Lisa de Swardt, nadat hulle hul matriekuitslae gekry het. Foto: Seugnet van Zyl

2024-01-19 09:17:37Carlo Minnie (18) van die Hoërskool Zwartkop het sy matriekuitslae nog in sy leeupantoffels gaan afhaal. Foto: Seugnet van Zyl

2024-01-19 09:01:50Die 2023-matrieks van die Hoërskool Zwartkop in Centurion. Foto: Seugnet van Zyl

2024-01-19 06:32:10
NSS-matrieks kry hul uitslae Vrydag
Die NSS-uitslae is van 06:00 af op Vrydag 19 Januarie beskikbaar vir alle matrieks, behalwe diegene in die Wes-Kaap wat hul uitslae bietjie later vandag kry.
Klik hier vir jou uitslae.2024-01-18 20:16:45
Topstudent se ouers sprakeloos van blydskap
"Dit is ongelooflik . . . ek is sprakeloos!
So sê 'n trotse Lucille Müller kort nadat haardogter, Melissa Müller (18) van die Renish Girls High School in Stellenbosch,as die land se topstudent in die openbare sektor vir 2023 aangewys is.
“Soos ek vroeër genoem het, het ons haarskoolklere weggegee. Ons het nie gedink sy sal die topdrie haal nie,” sêMüller.
Melissa is ook as die land se topstudent inkwantiel-vyf-skole aangewys, asook in wiskunde.
“Wiskunde was nog altyd een van haar grootliefdes, maar ook fisiese wetenskappe,” sê Müller, terwyl Melissa haarsertifikaat, wat haar as die topstudent in die land bevestig, omhoog hou.
Müller sê haar dogter se sterkpunt in haarmatriekjaar was om balans te vind.
“Sy is baie lief vir sport en dit het baie vanhaar tyd in beslag geneem, maar dit het haar ook baie selfdissipline geleer.”
Müller sê hulle sien uit daarna om Melissa seuitslae môre in die Kaap te ontvang.
2024-01-18 19:41:58
Toppresteerders aangekondig
Melissa Müller van Renish Girls High in Stellenbosch is die land se topstudent aan 'n staatskool.
Ethan Meyers van Herzlia High School in Kaapstad is die land se toppresteerder aan 'n onafhanklike skool.
Melissa Müller Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 19:33:37
‘Toekoms in jul hande,' sê Matshekga aan toppresteerders
“Die toekoms is in jul hande,” sê Matshekga aan die toppresteerders.
Sy wens hulle alles van die beste toe.
“Die land het julle nodig. Julle is 'n groep wat die land tot groter hoogtes kan voer," sluit sy haar toespraak af.
2024-01-18 19:27:36
Slaagsyfer styg tot 82,9%
Die afgelope tien jaar het die slaagsyfer keerop keer gestyg. Die slaagsyfer vir 2023 is 82,9%.
Dit is 'n verbetering van 2,8% op die vorigejaar en die hoogste slaagsyfer sedert die begin van demokrasie.
Altesaam 40,9% van verlede jaar sematrikulante het universiteitsvrystelling behaal terwyl 27,2% toegang tot diploma-studie en 14,8% toegang tot studie vir hoër sertifikate behaal het.
“Dit is verblydend om prestasies van skole inlandelike gebiede te sien. Die basiese onderwystelsel het die gewenstestabiliteit bereik – en dis belangrik vir so 'n groot stelsel, veral náuitdagings soos geweld, morele dekadensie, Covid-19 en oorstromings in sommigeprovinsies. Die klas van 2023 wys dat ons land met ondersteuning en ingrypingkan slaag.”
2024-01-18 19:08:52
VS het met 89% die hoogste slaagsyfer
Die Vrystaat het met 'n slaagsyfer van 89% die beste gevaar.
Daarna volg KwaZulu-Natal met 86,4%, Gauteng met 85,4%, Noordwes met 81,6% en die Wes-Kaap met 81,5%.
Die slaagsyfers in die Oos-Kaap is 81,4%, Limpopo 79,5%, Mpumalanga 77% en die Noord-Kaap 75,8%.
Die provinsies wat die meeste verbetering getoon het, is Limpopo en die Oos-Kaap.
2024-01-18 19:08:15
‘Wes-Rand vaar die beste’
Motshekga brei uit oor steunprogramme.
Daar is nie meer soveel leerlinge wat matriekmoet herhaal nie.
Altesaam 107 leerlinge in tronke het matriekgeskryf van wie 90 universiteitsvrystelling behaal het. Daar was 278onderskeidings, 56,4% van die kandidate was meisies en 42% van die meisies hetgeslaag.
Altesaam 39,6% van die seuns het geslaag, maardie persentasie universiteitsvrystellings was hoër. Hulle het ook meer diplomasas die meisies gekry.
In 2023 het geen distrik 'n laer slaagsyfer as60% behaal nie, 55 distrikte het 80% en meer gekry.
Johannesburg-Wes het die beste gevaar. Drieleerlinge van Gauteng, drie van die Vrystaat en vier van KwaZulu-Natal telonder die tien bestes.
2024-01-18 18:53:45
‘Oneerlikheid sal getakel word’
Daar was in 2023 baie meer stabiliteit in diestelsel, sê Motshekga.
Die algehele integriteit van die eksamen is boverdenking. Umalusi het 74% van die onverwerkte punte goedgekeur, 16,7 afwaartsaangepas en 9% boontoe aangepas.
Die departement sal planne aan Umalusi voorlêoor hoe om oneerlikheid verder te voorkom.
Vanjaar se leerlinge is ware Covid-babas, sêMotshekga. Hulle is in gr. 9 en 10 aan Covid blootgestel.
Meer as 800 000 leerlinge het eksamen geskryf,waarvan 88,2% van tussen 16 en 20 jaar oud is. Daar was ook nuwe vakke waarineksamen geskryf is.
2024-01-18 18:44:11
'Suid-Afrika is nou 'n geletterde nasie'
Angie Motshekga, minister van basieseonderwys, sê sy weet nie eens hoe om die leerlinge aan te spreek nie. Hulle isdie belangrikste mense vanaand.
In die afgelope 30 jaar is vordering gemaak opdie gebied van onderwys, en gereeld beleide is ingestel en ingrypings is tengoede gemaak. Meer as 98% van kinders tussen sewe en 15 jaar oud is inonderwys-instellings.
Net 10% van diegene wat in die 1950's en1960's gebore is, het matriek voltooi. Vandag is dié syfer vir swart leerlinge60%.
Jonger mense kan deesdae matriek voltooi. Diemeerderheid is tussen 18 en 20 jaar oud. Daar is deurlopende verbetering.
Suid-Afrika is een van die lande wat dievinnigste vorder in internasionale assesserings.Covid-19 het dit tydelik onderbreek.
Meer universiteitsvrystellings enonderskeidings as ooit tevore is behaal.
Die geletterdheidskoers is 86%, en Suid-Afrikais nou 'n geletterde nasie.
Daar is steeds uitdagings, maar die bul gaan bydie horings gepak word.
Met die instelling van die Bela-wet sal gr. Rverpligtend wees en dit sal tot verdere verbeterings lei, sê sy.
2024-01-18 18:33:09
'Ons grootste oomblik is hier'
Dr. Reginah Mhaule, adjunkminister van basieseonderwys, sê “ons grootste oomblik is hier”.
“Die leerlinge verteenwoordig die trots vanons nasie. Die nasie en die regering is trots op die klas van 2023, veralgegewe al die uitdagings wat hulle te bowe moes kom.”
Sy bedank pres.Cyril Ramaphosa vir sy leiding en ook die lede van die kabinet en parlement.Die leerlinge het 'n merkwaardige kapasiteit vir vernuwing en transformasie, sêsy. “Ons het die donker tye van Covid-19 oorwin.”
Die oorwinning behoort aan elke leerling,onderwyser en ouer. Mense wat matriek slaag het, het 'n beter kans om 'n werkte kry en verder te studeer. Daar is talle geleenthede vir hulle.
Hulle kan by die NSFAS om befondsing in dievorm van beurse en lenings aansoek doen. En daar is 'n tweede kans vir diegenewat nie geslaag het nie, sê sy.
“Dit is nooit te laat om sukses te behaal nie.”
Volgens haar moet die ouers nie te veel drukop die leerlinge uitoefen nie.
2024-01-18 18:28:54Angie Motshekga by die geleentheid waar die 2023-NSS-eksamen bekend gemaak word. Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 17:47:44
‘Meer leerlinge slaag metuniversiteitsvrystelling’
Mweli verwag dat die klas van 2023 dieslaagsyfer gaan verbeter. Hy skryf dit toe aan die “rou” punte wat aanvaar is.
“Ons verwag dat die uitslae gaan verbeter. Ditis gegrond op die feit dat hulle die beste rou punte het.”
Hy sê hoewel daar ’n afname in die inskrywingsvir gr. 12 was, is daar 'n toename in die getal leerlinge wat metuniversiteitsvrystelling slaag.
“Uit elke tien leerlinge wat die eksamengeslaag het, is daar vier leerlinge wat met universiteitsvrystelling slaag.”
2024-01-18 17:14:09
‘Onderwysers het naweke sonder vergoedinggewerk’
Volgens Julie 2023 se syfers was daar 740 566leerlinge wat vir gr. 12 ingeskryf was. Van hulle het 691 152 leerlinge dieeindeksamen geskryf, sê Mweli.
“Hulle het die laagste afwesigheidsyfer invergelyking met die ander klasse. My span sê dis die beste tot dusver.”
Mweli sê die klas het ekstra hulpbronneontvang om seker te maak hulle het dieselfde bronne om te presteer. Hy loof ookdie onderwysers wat oor naweke sonder vergoeding gewerk het om leerlinge tehelp.
“Die klas van 2023 het 20 ekstra skooldaegehad.”
Hy sê uit die 2023-kurrikulum is 66 vakkegeskryf waarvan 49 vakke se onverwerkte punte aanvaar is, 11 afwaarts aangepasis en ses opwaarts.
2024-01-18 16:53:51
Grootste druipsyfer in gr. 11, sê Mweli
Die grootste druipsyfer in openbare skole komin gr. 11 voor.
Volgens Mathanzima Mweli, direkteur-generaalvan basiese onderwys, word leerlinge in gr. 11 teruggehou omdat skole bang isdat dié leerlinge nie vir hulle ’n goeie slaagsyfer sal gee nie.
Hy het Donderdag met die tegniese besprekingvan 2023 se eindeksamen gesê uit die 1 208 973 leerlinge wat in 2012 in gr. 1begin het, was daar in 2022 928 050 leerlinge in gr. 11 en 740 566 leerlinge ingr. 12 in 2023.
Hy sê die departement gee aandag aan diekwessie en monitor dit.
Volgens hom moet die departement van basieseonderwys baie hard werk om leerlinge in die skoolstelsel te hou.
Hy sê die klas van 2023 is ook deur diepandemie geraak en moes rondom dit werk.
2024-01-18 12:44:22
Motivering was Jéan se grootste uitdaging
Jéan Goodey (18) van die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria sê dis beslis vir hom ’n trotse oomblik om een van die toppresteerders in die land te wees. Hy sê dit voel vir hom soos ’n skok en hy het dit glad nie verwag nie. Hy sê hy het tydens sy matriekjaar net op sy akademie gefokus. “Ek het nie ’n plan gehad nie, maar het elke dag hard gewerk,” sê hy. Jéan sê een van sy grootste uitdagings was om gemotiveerd te bly. Sy gunstelingvak is wiskunde. Hy gaan vanjaar aktuariële wetenskap aan die Universiteit van Pretoria studeer. – Breyten Cupido
Jéan Goodey Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 12:35:34
Melissa wil ingenieur word
Melissa Müller van die Rhenish Girls’ High School in Stellenbosch verwag onderskeidings in al sewe haar vakke.
“Ek is uiters trots om hier te wees. Al die jare se harde werk het nou vrugte afgewerp,” sê sy.
Melissa sê sy het ook uitdagings met tyd gehad tydens haar matriekjaar. “Ek was uiters besig tydens my matriekjaar. Ek het eerstespan-hokkie en waterpolo gespeel ook. Met sporttoere het ek baie skool gemis, so ek moes baie effort insit om die werk op te vang wat ek gemis het.”
Melissa gaan vanjaar megatroniese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer. “Ek wil graag nagraads in biomediese ingenieurswese gaan,” sê sy.
Andre en Lucille Müller, haar ouers, het Donderdag aan Netwerk24 gesê hulle is baie trots op hul dogter se prestasie. “Ons het nie gedink ons gaan hier wees nie. Ons het haar skoolklere weggegee en moes Sondag inderhaas plan maak om dit terug te kry. Ons sal dit nou weer terugbesorg aan die mense aan wie ons dit gegee het,” sê Melissa se ouers laggend.
Hulle sê Melissa het veral uitgeblink in wiskunde en fisiese wetenskappe vanjaar. “Sy het al van kleintyd in die wetenskap belanggestel. Sy kon op ’n jong ouderdom al die bene in die menslike liggaam opnoem. Ons ondersteun haar beroepskeuse ten volle,” sê haar ouers. – Dennis Delport
Melissa Müller Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 12:28:442024-01-18 12:13:53
Tydsbestuur was moeilik, sê James
James Dent (18), van die Westville Boys High School in Durban, sê hy is baie trots op sy prestasies en om na die ministeriële ontbyt genooi te wees. “Ek verwag sewe onderskeidings. Al my harde werk het vrugte afgewerp,” sê hy.
Dent gaan vanjaar medies studeer aan die Universiteit van Pretoria. “Ek wil graag eendag spesialiseer in die rigting van sintuie. Hopelik in oftalmologie,” sê hy.
Dent sê tydens sy matriekjaar was tyd sy grootste uitdaging. “Ek het baie sport gespeel. Dit was moeilik om my tyd te bestuur, veral rondom my familie en geloof.”
Dent sê verder dat die Covid-19-pandemie, wat relevant was in sy skooljare, hom veral geleer het om aanlyn te studeer. Dit het my onafhanklik gemaak en ek het gegroei uit daardie ervaring,” sê hy. – Dennis Delport
James Dent. Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 12:12:27
Harde werk werp vrugte af, sê Jared-Ryan
Jared-Ryan Benn (18) van die Wynberg Boys’ High School in die Wes-Kaap is een van die toppresteerders van die klas van 2023. Jared-Ryan het opgewonde vertel dat hy bly is die harde werk wat hy die afgelope vyf jaar ingesit het, het die nodige vrugte afgewerp.
“Dit was ’n moeilike reis, maar ek het deurgedruk om sukses te behaal,” sê Jared-Ryan.
Hy sê dis belangrik om gefokus te bly en gedissiplineerd te wees.
Hy het ook hokkie gespeel en geniet dit om klavier te speel.
Hy gaan vanjaar chemiese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch of die Universiteit van Kaapstad studeer. – Breyten Cupido
Jared-Ryan Benn (18) van die Wynberg Boys’ High School. Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 11:22:36Die toppressteerders van 2023 saam met Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 11:16:50Die toppresteerders van 2023. Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 10:59:30Die topleerlinge is nou saam met Motshekga op die verhoog. Daar heers ’n feestelike atmosfeer in die saal. Hulle neem tans foto’s saam met die minister waarna ontbyt bedien sal word.2024-01-18 10:45:40
'Jong mense kan land tot hoër hoogtes laat uitstyg'
Motshekga wens die toppresteerders sterkte toe. Sy bedank ook die ouers vir die rol wat hulle gespeel het om die “jong leiers” te lei.
Motshekga sê in die trotse oomblik is dit ook belangrik om uitdagings die hoof te bied.
“Ons moet mik om ’n onderwysstelsel te skep wat leerlinge kweek wat integriteit openbaar,” sê sy.
Motshekga moedig leerlinge om aan te hou hard werk.
“Onderwys kan ’n reuse-bydrae lewer om ongelykheid uit die weg te ruim,” sê sy.
Sy sê dit is die jong mense se verantwoordelikheid om die land tot hoër hoogtes te laat uitstyg.
“Julle het die potensiaal om dit te doen,” sê Motshekga.
Sy bedank die leerlinge en ouers weer vir hul harde werk.
2024-01-18 10:38:18Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, praat met die topmatrieks van 2023. Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 10:33:25
'Onderwys is 'n magtige wapen vir nasiebou'
Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, sê meer as 700 000 kandidate was deel van die klas van 2023.
“Ons is bitter trots op julle. Dis iets spesiaal en ons moet dit saam met julle vier,” sê Motshekga.
Sy het aan die toppresteerders gesê die klas van 2023 moes deur Covid-19 die uitdagings deursien.
“Julle het gewys om sukses is te behaal tydens moeilike tye, is moontlik.”
Sy sê basiese onderwys is ‘n magtige wapen om die nasie te bou.“Julle sukses is vir ons 'n baken van hoop,” sê Motshekga.
2024-01-18 10:31:05Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, is nou aan die woord. 2024-01-18 10:04:32
Minister onthaal topmatrieks
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, onthaal die 2023-matriekgroep se toppresteerders op ’n ontbytfunksie in Johannesburg.
Topleerlinge en hul ouers tydens die ministriële ontbyt by die MTN Innovation Centre in Randburg. Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 10:03:47Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, op die funksie in Johannesburg. Foto: Dennis Delport

2024-01-18 10:02:42Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 10:02:25Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 10:02:04Foto: Melinda Stuurman

2024-01-18 09:50:16
IEB-matrieks vier hul prestasies
Owethu Thobela (18), wat in 2023 aan Reddam House Waterfall in Midrand gematrikuleer het, saam met sy pa, Mandla, en 15-jarige sussie, Uthandile (Thale), wat in gr. 10 in dieselfde skool is. Foto: Seugnet van Zyl

2024-01-18 09:43:43Asanda Khambule, Koketso Dumane en Aphumelela Mbili (almal 18) vier hul matriekuitslae by Reddam House Waterfall in Midrand, Johannesburg, met 'n glasie vonkelwyn. Foto: Seugnet van Zyl

2024-01-18 09:21:09Pedro Basson, ’n matrikulant van die Helpmekaar Kollege se klas van 2023. Basson, wat aan die begin van 2021 ’n hartoorplanting ondergaan het, spog met 4 A’s in inligtingstegnologie, wiskunde, ingenieursgrafika en -ontwerp, en lewensoriëntering. Foto: Inge du Plessis

Lees hier meer oor Pedro Basson.2024-01-18 09:19:37Pedro Basson ontvang sy IEB-resultate Donderdagoggend by die Helpmekaar Kollege. Foto: Inge du Plessis

2024-01-18 09:19:08Keratilwe (Nani) Phaahla (18) van Reddam House Waterfall in Midrand, kom haal haar matriekuitslae. Foto: Seugnet van Zyl

2024-01-18 08:57:57Matrieks word ingewag en met die hand gegroet wanneer hulle by Reddam House Waterfall in Midrand, Gauteng, aankom om hul uitslae te kry. Foto: Seugnet van Zyl

2024-01-18 08:56:52Lara Malherbe het Donderdagoggend saam met die klas van 2023 haar IEB-uitslae by Helpmekaar Kollege kom afhaal. Sy gaan vanjaar BCom (besigheidsbestuur) aan die Universiteit van Pretoria studeer. Foto: Inge du Plessis

2024-01-18 08:56:30Ses van Helpmekaar Kollege se matrikulante van die klas van 2023 spog met 10 A’s. Agter van links na regs: Andries de Kock, Christiaan Portwig en Ewan Basson. Voor van links na regs: Helen Wilson, Ezaan Husselmann en Carine Pretorius. Foto: Inge du Plessis

2024-01-18 08:55:33Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, onthaal die 2023-matriekgroep se toppresteerders op 'n ontbyt in Johannesburg wat na verwagting om 09:30 begin. 2024-01-18 08:54:46
Met slaagsyfer van 98,46% 'kan staat by IEB leer'
Die onderwysdepartement kan gerus gaan kers opsteek by die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) ná sy “uitstekende uitslae” in 2023, sê kenners.
Die IEB het Donderdag ’n slaagsyfer van 98,46% bekend gemaak.
Die IEB het groot lof oor sy uitslae ontvang. Hoewel kenners toegee dat die omstandighede in staatskole drasties verskil van dié in private skole, meen hulle samewerking is nou belangriker as ooit.
Prof. Kobus Maree, verbonde aan die departement van opvoedkundige sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), sê die “toekomsprentjie vir (staats-)onderwys lyk donker” en die onderwysdepartement moet nou na die IEB uitreik vir hulp.
Nie almal was egter vol lof vir die IEB nie.
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het Maandag op X geskryf: “Ons kan nie voortgaan om eksamens op grond van klas te skei nie. Die rykes, semi-rykes en armes het verskillende matriekeksamens.
“Al ons kinders moet dieselfde eksamen skryf net soos hulle by universiteite of kolleges doen. Dis hoog tyd.” – Arisa Schamrel
Lees die volledige berig hier.2024-01-18 08:54:43
IEB: Meer leerlinge, ‘geweldige druk’ in 2023, maar slaagsyfer styg steeds
Die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se uitslae is Donderdag uitgereik.
Die 2023-groep het ’n slaagsyfer van 98,46% gehad, ’n rapsie hoër as die 98,42%-slaagsyfer wat dit in 2022 verwerf het.
Heelwat meer skole het in 2023 ingeskryf vir die matriekkwalifikasie van die IEB.
Sewentien nuwe skole, waarvan 12 gewone skole en vyf aanlyn skole is, het in 2023 vir die eerste keer die IEB-eksamen afgelê. Dié skole was verantwoordelik vir ’n addisionele 960 eindeksamen-kandidate. – Arisa Schamrel















