Matrieks

Kry gratis eksamenhulp vir jou matriek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto:
Foto:

Dis tyd vir matrikulante om agter hul boeke in te skuif, maar onderwysers is bekommerd, want weens die pandemie het vanjaar se matrieks laas in gr. 10 'n volwaardige eksamen afgelê. Gelukkig is ekstra hulp beskikbaar en boonop gratis, sê Ernusta Maralack, artikelredakteur by die tydskrif Kuier en ook projekleier van die Kuier Rapport Matriekklas.

"Nes in 2020 en 2021 het Kuier die noodkreet gehoor, en bied ons vanjaar weer eens die Kuier Rapport Matriekklas 2022-projek in samewerking met die Rapport Onderwysfonds en Netwerk24 aan. Matrikulante kan uitsien na videoklasse in Afrikaans wat deur ervare onderwysers, nasieners en kurrikulum-adviseurs aangebied word."

Die onderwysers is onder baie druk en kan nie individuele aandag aan elke kind gee nie, maar hierdie klasse maak dit amper 'n virtuele ‘one-on-one'-sessie met die onderwysers.

Die lesse is voor Netwerk24 se betaalmuur, wat beteken leerlinge hoef nie 'n intekenaar te word om toegang tot die inhoud te kry nie. Hulle moet net internettoegang hê. Soek onder Skole+Studente, klik op My Skool en dan Kuier Rapport Matriekklas. Die lesse is ook op YouTube beskikbaar op die MySkool-kanaal.

Agt vakke word gedek in die videoklasse. Daar's tussen tien en 12 lesse per vak Z elk sowat 45 minute lank.

Die vakke is:

  • Afrikaans Huistaal
  • Afrikaans EAT
  • Engels EAT
  • Wiskunde
  • Wiskundige Geletterdheid
  • Fisiese Wetenskappe
  • Rekeningkunde
  • Lewenswetenskappe

Die feit dat die klasse digitaal beskikbaar is, maak dit soveel meer toeganklik vir Afrikaanse leerlinge landwyd, sê Ernusta.

"Die onderwysers is onder baie druk en kan nie individuele aandag aan elke kind gee nie, maar hierdie klasse maak dit amper 'n virtuele ‘one-on-one'-sessie met die onderwysers," sê Ernusta.

Rhuwayda Mitchell, departementshoof by die Hoërskool Bernadino Heights in Kraaifontein in die Kaap en ook onderwyserkoördineerder van die projek, kan nie genoeg beklemtoon van hoeveel waarde hierdie projek vir matrikulante is nie. Benewens onderwysers wat hul ding in die klas doen, dink Rhuwayda hierdie projek het steeds 'n plek in die onderwys.

Sy werk nou saam met Ernusta om die videoklasse saam te stel sodat matrikulante moet weet waarop om te fokus - en wat van kardinale belang is in die antwoord van hul eindeksamenvraestelle.

Die vakke waarin hulp aangebied word, word bepaal deur hoe matrieks vorige jare daarin gevaar het. "Daar word dié jaar meer gefokus op die ‘gateway-vakke'. Die lesse is in Afrikaans, so ons leerlinge op die platteland kan ook baat daarby vind. Elke opvoeder, veral diegene wat onlangs tot die beroep toegetree het of nie ondervinding op gr. 12-vlak het nie, kan so baie leer," sê Rhuwayda.

Die lesse fokus op werk waarmee leerlinge kleitrap én waar hulle baie punte kan behaal, sê Rhuwayda. "Die moets en die moenies by die beantwoording van vraestelle word ook duidelik uiteengesit. 'n Bonus is dat matrikulante die lesse oor en oor kan kyk wanneer hulle nie verstaan nie."

Die onderwysers wat deel is van die Kuier Rapport Matriekklas 2022-projek sien die nasionale senior sertifikaat-eksamen na; is senior nasieners, hoof­nasieners, vakadviseurs en leier-onderwysers; en is betrokke by die opstel van vraestelle, so hulle weet waarop om te fokus.

Rhuwayda sonder die onderwysers se passie vir hul vakgebied, groot liefde vir die kinders en omdat hulle kinders se sosio-ekonomiese omstandighede verstaan, uit.

"Nie net beskik hulle oor jare se ondervinding nie, hulle is self leergierig en skerp hulself op in hul vakgebiede. Die onnies onderrig ook in verskillende kontekste, so hulle weet wat die behoeftes van matrieks in verskillende skoolkontekste is."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM