Matrieks 2024 | Wenk 3: ’n Verlore matrieksertifikaat

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stap 1: Vul 'n aansoekvorm in. Die vorm is beskikbaar by wcedonline.westerncape.gov.za/application-issue-certificates.

Indien jy intussen getrou het, onthou om jou nooiensvan op die vorm in te vul.

Stap 2: Heg 'n gesertifiseerde afskrif van jou identiteitsdokument aan.

Stap 3: Dit gaan jou R170 uit die sak jaag.

Die bankbesonderhede vir betaling is op die vorm of jy kan dit in lewende lywe by die WKOD-kassiere betaal. 'n Bewys van betaling moet ook ingestuur word.

Stap 4: E-pos jou ingevulde vorm, afskrif van jou ID en bewys van betaling na examresults@westerncape.gov.za.

  • As alles vlot verloop, kan dit ongeveer agt weke neem voordat jy jou sertifikaat by die departement kan afhaal. Dit word nie per pos gestuur nie. Jy gaan jou ID moet wys om dit te kry. As iemand anders dit namens jou gaan afhaal, gaan jy 'n gesertifiseerde afskrif van jou ID en 'n vrywaringsbrief aan die persoon moet gee.
  • Die aanlyn proses is slegs vir verlore of beskadigde sertifikate. Jy kan nie daarvan gebruik maak as jy veranderinge of korreksies aan jou sertifikaat wil aanbring­, soos naam, geslag, ensovoorts­ nie.

Onthou:Betalings kan elektronies in die WKOD se bankrekening gedoen word by dieselfde rekening as wat vir hermerke gebruik word. Sluit net in die verwysing in: EX + ID-nommer

SPELETJIES VANDAG

CTA