Almari Beukes (18), Hoërskool Stellenberg. Almari gaan vanjaar medies aan die Universiteit Stellenbosch studeer. “Ek het my tyd tussen akademie, buitemuurse aktiwiteite en my persoonlike lewe so bestuur deur my tyd by die skool effektief te benut. Ek
Om sukses te behaal gedurende matriek, moet jy 'n balanseertoertjie tussen akademie en buitemuurse aktiwiteite doen. 2024 se matrieks deel hoe hulle hul tyd bestuur het.
Gratia Pauw (18), die Hoërskool Punt. Gratia gaan vanjaar toegepaste medisinale chemie aan die Universiteit Stellenbosch studeer. “Ek het elke vry oomblik in die klas benut om voor te bly met huiswerk en leerwerk. Die gebruik van opsommings het my baie gehelp. Probeer ook jou buitemuurse aktiwiteite te prioritiseer en spandeer net die nodige tyd aan hierdie aktiwiteite. Geniet dit, maar behou perspektief. Jy hoef nie ’n uitblinker op elke gebied te wees nie! Sit opsetlik persoonlike en familie-tyd opsy.” Erin Meyer (18), die Hoër Meisieskool La Rochelle. Erin gaan vanjaar medies aan die Universiteit Stellenbosch studeer. “Ek was nog altyd ’n baie besige persoon wat floreer met ’n vasgestelde skedule. Ek het baie van my buitemuurse aktiwiteite as ’n pouse weg van my studies beskou. Voor die eksamen het ek ’n gedetailleerde studierooster gemaak wat al my buitemuurse aktiwiteite en verpligtinge ingesluit het, asook die tyd wat per vak toegeken is. Ek het baie min van my tyd aan sosialisering bestee, en het verkies om eerste by die skool of gedurende my buitemuurse aktiwiteite te sosialiseer. Ek het met die meeste van my aktiwiteite aangehou tot aan die einde van matriek, behalwe vir hokkie, waar ek aan die begin van die jaar uit die eerste span getree het.”