Layla Brink (18), Hoërskool Paarl GimnasiumLayla gaan vanjaar aktuariële wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch studeer. “Balans is die belangrikste ding waarop jy moet fokus in matriek. Die werk is baie meer en dit vereis dat jy meer tyd aan jo
Vanjaar se matrieks kan leer by die toppresteerders van 2024. 'n Paar van 2024 se matrieks deel wenke vir sukses en hoe om alles te balanseer.
Mukelani Dube (18), die Hoërskool Bonnievale. Mukelani gaan vanjaar rekenaarwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch studeer. "My raad aan matrieks is om van dag een af alles in te sit. Beplanning is ook baie belangrik. Ek het reeds vroeg in die jaar geweet wat ek alles gaan doen. Ek het daarna 'n rooster opgestel en dit gevolg asof dit my lewe was - daar is tyd vir alles. Ek het al my werk vroeg begin opsom, veral die groter vakke. Ek het ook dan dae, soms weke, voor die tyd begin leer om dit makliker vir myself te maak, want van uitstel, kom afstel." Divan Mostert (18), die Hoërskool Robertson. Divan gaan vanjaar medies aan die Universiteit Stellenbosch studeer. "My raad sal wees om elke oomblik te geniet. Geniet die klein goedjies en maak goeie herinneringe waaraan jy kan vashou in die stresvolle tye, en onthou daar is lig aan die einde van die tonnel! Jy gaan dankbaar wees vir al jou harde werk wanneer die rowwe tyd verby is, want dit help jou om vir jouself die lewe te bou waarna jy strewe." Mieke Tolken (18), die Hoërskool Porterville. Mieke gaan vanjaar 'n BScAgric-graadprogram (dierewetenskap) aan die Universiteit van Pretoria volg. "Moenie wag tot op die laaste toe nie - begin vroeg. Dit gee vir jou baie minder stres. As ek 'n taak gekry het, het ek probeer om so gou as moontlik alle inligting te kry sodat ek nie op die nippertjie daarop hoef te fokus nie. Moenie opsomwerk los vir die volgende dag nie. So raak jy makliker agter met werk. Om 'n sukses van jou matriekjaar te maak, onthou die klein oorwinnings en geniet ook jouself. Die jaar gaan vinnig verby."