Matrieks

Matrieks: So lyk tuisleerlinge se uitslae

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die matriekslaagsyfer by afstandsonderrigverskaffers en onafhanklike skole is dieselfde as in 2022.

Die Suid-Afrikaanse Komprehensiewe Assesseringsinstituut (Sacai) sê in 'n verklaring 72% van matrieks wat by hul 69 geregistreerde instansies gestudeer het, het die eksamen geslaag.

Graad 12-kandidate het by 103 Sacai-eksamensentrums landswyd eksamens afgelê waartydens 42 vraestelle geskryf is.

Altesaam 5 826 kandidate was by Sacai geregistreer vir die Oktober/November 2023 NSS eksamens, 17% meer as in 2022.

Die meeste van hierdie kandidate is van afstandsonderriginstansies. Sacai se slaagsyfer vir 2023 is 72%, dieselfde as in 2022.

'n Totaal van 1 655 van Sacai se graad 12-kandidate kan inskryf vir Baccalaureus-grade, 1 171 kan inskryf vir diplomakursusse en 427 vir hoër sertifikate by tersiêre instansies.

"Ons is ook bly oor die 1 838 onderskeidings wat ons kandidate in 2023 behaal het, in vergelyking met die 1 302 van 2022, wat 'n verbetering van 41% verteenwoordig," lui die verklaring.

Die beste presteerder in die 2023-NSS-eksamens is 'n kandidaat van die UCT Online High School.

Dit is die eerste jaar dat die UCT Online High School matrieks kon registreer.

Die tweede beste presteerder is van die Auxilio Learning Academy en die derde beste presteerder vanaf Optimi. Van die toptienkandidate, is nege afkomstig vanaf afstandsonderriginstansies.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM