Matrieks

Nina spog met 10 A’s

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Trinityhouse Randpark Ridge in Johannesburg spog met 219 onderskeidings tussen die 110 leerlinge wat verlede jaar in matriek by die skool was.

"Baie geluk aan die matriekklas van 2022, julle verdien hierdie uitstekende prestasie. God seën julle in die volgende hoofstuk van jul reis," sê Farone Eckstein, die skoolhoof, in 'n verklaring.

Nina Swart is Trinityhouse Randpark Ridge se toppresteerder vir 2022 met tien onderskeidings. Foto: Verskaf
Nina Swart is Trinityhouse Randpark Ridge se toppresteerder vir 2022 met tien onderskeidings. Foto: Verskaf

Nina Swart is die skool se toppresteerder van 2022.

Sy was van gr. 4 tot gr. 12 die akademiese toppresteerder in haar jaargroep, was verlede jaar onderhoofmeisie en die skool se dux-leerling.

Sy het die Onafhanklike Eksamenraad se eksamen met tien onderskeidings geslaag en is op pad na die Universiteit Stellenbosch (US) om data-ingenieurswese te studeer.

Lauren Bowman van Trinityhouse Randpark Ridge het nege onderskeidings gekry. Foto: Verskaf
Lauren Bowman van Trinityhouse Randpark Ridge het nege onderskeidings gekry. Foto: Verskaf

Kort op Nina se hakke is Lauren Bowman met nege onderskeidings. Lauren gaan medies aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) studeer.

Jordan Dunne, Sheldyn Haikney en Jennifer le Roux spog elkeen met sewe onderskeidings.

Jordan is op pad na die VSA om lugvaart-ingenieurswese te studeer, Sheldyn sluit by haar klasmaat Lauren aan om medies by Wits te gaan swot en Jennifer gaan industriële ingenieurswese aan US studeer.

Mutsa Chingwena, Jamie Cusins, Connor Davies, Julia Karato, Simran Parsard, Tobias Petrick, Erin Pinnock en Christopher Whitley spog elkeen met ses onderskeidings.

Trinityhouse Randpark Ridge het 'n 100%-matriekslaagsyfer.

Jordan Dunne het matriek aan Trinityhouse Randpark Ridge met sewe onderskeidings geslaag. Foto: Verskaf
Jordan Dunne het matriek aan Trinityhouse Randpark Ridge met sewe onderskeidings geslaag. Foto: Verskaf

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM