Matrieks

Skole tevrede met tweede ekonomievraestel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Matrieks landwyd het Dinsdag hul tweede ekonomievraestel geskryf.

Constanze van der Walt, nasionale bedryfshoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê volgens terugvoering van ledeskole was dié vraestel billik en gegrond op inhoud wat ooreenstem met die eksamenriglyne.

Leerlinge van die Hoërskool Brackenfell sit gereed om hul eksamenvraestel te skryf. Foto: Jaco Marais
Leerlinge van die Hoërskool Brackenfell sit gereed om hul eksamenvraestel te skryf. Foto: Jaco Marais

"Vertalingsprobleme is uitgeskakel deur die Engelse terme langsaan te verskaf waar moontlike verwarring kon intree. Alle grafieke was duidelik sonder enige foute wat die interpretasie daarvan vergemaklik het. Aktuele kennis is getoets deur te verwys na die styging in oliepryse."

Ruan Janse van Rensburg, 'n ekonomie-onderwyser aan die Hoër Jongenskool Paarl in die Wes-Kaap, het gesê die tweede vraestel het minder insig as die eerste geverg.

"Daar was interessante vrae. Ek sou dit nie noodwendig so gevra het nie en daar was hier en daar 'n vraag wat meer as een antwoord kon gehad het," het Janse van Rensburg gesê, wat al 12 jaar dié vak aanbied.

Die matrieks het verlede Dinsdag die eerste ekonomievraestel geskryf.

Woensdagmiddag skryf hulle rekenaartoepassingstegnologie, Donderdag geskiedenis en Vrydag fisiese wetenskap.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM