Die Hoërskool Strand, as deel van die Helderberg-gemeenskap, het nog altyd 'n "heelskool-benadering" gevolg. Gevolglik word uitstekende prestasies op akademiese, kulturele en sportgebied behaal.
Die feit dat 14 matrieks 'n A-gemiddeld behaal het en die skool met 'n slaagsyfer van 99,5% spog, is tekenend dat hierdie benadering geslaagd is.
Baie geluk aan al die matrieks van 2024 wat elke dag die skool, én jou eie naam, hoog gehou het en leiding op jou eie unieke manier geneem het. Julle is die toekoms van ons mooi land en die skool sal jul vordering met belangstelling dophou.
Moet as ware Arend nooit met gemiddeldheid tevrede wees nie. Streef daarna om na die beste van jou vermoë te presteer en elke geleentheid met oorgawe aan te gryp.
Matrieks van 2024, wees getrou aan jouself in 'n wêreld wat toenemend druk op individue plaas om te konformeer - iemand te word volgens kunsmatige standaarde en waardes. Jou unieke self is wat die wêreld nou nodig het - jy is gebore vir 'n tyd soos hierdie. Vlieg hoog!
Die topdrie-presteerders



Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.





















