Matrieks

Veelsydige Derik het wenresep

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Derik van der Ryst (18) was sy hele skoolloopbaan in dieselfde skool en kon elke jaar daarin slaag om die skool se topakademiese presteerder te wees - in die matriekeindeksamen het hy ook nie teleurgestel nie.

Derik het matriek aan die CVO Gromar Landbou Akademie in Groblersdal met universiteitsvrystelling en onderskeidings in rekeningkunde, Afrikaans huistaal, ingenieursgrafika en ontwerp, Engels eerste addisionele taal en lewensoriëntering geslaag.

Derik van der Ryst
Derik van der Ryst

Derik se wenresep was nog altyd "harde werk, doelwitte stel en deurdruk".

Derik sê om sy hele skoolloopbaan in dieselfde skool op dieselfde plattelandse dorp te voltooi, het eiesoortige voordele.

"Ons pas makliker aan want ons weet wie ons is, waar ons vandaan kom en wat ons wil hê."

Die kleiner skool skep ook vir leerlinge die geleentheid om veelsydig te wees, meen Derik.

"Ek het vandat ek klein was aan alles deelgeneem."

Van rugby, krieket en atletiek tot tennis en redenaars. So veelsydig is hy dat hy selfs die tromspeler in 'n musiekgroep is.

Die groep was eers Kraakvars genoem maar is later verander na Die Houthuis Produksies.

Derik het besluit om megatroniese ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit te gaan studeer - juis ook omdat die studierigting veelsydig is.

"Dis 'n mengsel tussen meganiese-, elektroniese,- rekenaar en so bietjie elektriese ingenieurswese."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM